fbpx
Kwaggabees vertroos met ANDERKANT DIE HEMEL

Kwaggabees vertroos met ANDERKANT DIE HEMEL

Kwaggabees se derde enkelsnit ANDERKANT DIE HEMEL is deel van ‘n drieluik wat nie huiwer om onderwerpe soos die dood van ‘n kind, verlies en pyn aan te pak nie.

ANDERKANT DIE HEMEL, sy nuutste enkelsnit, raak weer die dood aan – dié dood van ‘n kind – wat niemand wat nog nie deur daardie rouproses gegaan het, sal verstaan nie.

Kwaggabees het ‘n rare talent om iets so pynlik soos die dood op ‘n manier aan te te bied wat almal wat daarna luister ‘n traan gaan laat stort.

Die sanger en liedjieskrywer Kwaggabees deins nie terug om pynlike, emosioneel belaaide lirieke neer te pen en dit dan in sy musiek te verwoord nie.

Dié Ghoema-wenner se derde enkelsnit ANDERKANT DIE HEMEL is deel van ‘n drieluik wat nie huiwer om onderwerpe soos die dood van ‘n kind, verlies en pyn aan te pak nie.

Kwaggabees is bekend vir sy unieke rockklanke, maar hy is een van daardie veelsydige kunstenaars wat nie net kan rock nie, maar selfs in die sogenaamde seerkry-ballades ‘n mark kan vind. Ballades wat ‘n sterk boodskap van hoop uitstuur.  Dié boodskap word oorgedra in ‘n boutique jenewer- en-tonikum stem wat die gemoedere laat bedaar en die siel so lig soos ‘n vlinder laat vlieg.

So vorige twee enkelsnitte Skadu’s wat dans en Crazy Mal oor jou vertel die ware verhaal van die kleinste baba, Meyer, wat tot nou toe nog in Suid-Afrika gebore is. Hy het net 650 gram by geboorte geweeg. Dié liedjies is storiegedrewe wat nie net klein Meyer se pad na herstel vertel nie, maar ook die frustrasies en pyn waardeur sy ouers moes gaan.

ANDERKANT DIE HEMEL, sy nuutste enkelsnit, raak weer die dood aan – dié dood van ‘n kind – wat niemand wat nog nie deur daardie rouproses gegaan het, sal verstaan nie.

Kwaggabees sê hy kry sommer ‘n knop in sy keel as hy oor die liedjie praat. “Ek het nog nie ‘n kind aan die dood afgestaan nie, maar op ‘n manier kon ek die ouers se seerkry in die liedjie verwoord.”

ANDERKANT DIE HEMEL is gedurende die grendeltyd gebore. “Die tydperk het my na my pen en kitaar gedryf. Die liedjie het net skielik uit my geborrel. Ek het nie regtig geweet waaroor dit gaan nie – toe besef ek dat die liedjie ook gegrond is op ‘n ware gebeurtenis.”

Kennisse van Kwaggabees se tweejarige dogtertjie is oorlede nadat ‘n voertuig haar raak gery het. “Ek het nog nie genoeg moed bymekaargeskraap om die ouers te vertel dat die liedjie spesiaal vir hulle dogtertjie geskryf is nie. Dit is ‘n lelike ding as ouers ‘n kind moet verloor.”

ANDERKANT DIE HEMEL bied vertroosting en hoop – om te weet en te aanvaar dat “daar ‘n beter plek is.”  Daarom sal een van die versreëls ook aanklank by baie mense vind …geanker sal ons bly staan….. tye wat kom en gaan…”

Pyn en dood is die harde werklikheid van ons bestaan en dit is op ‘n manier ‘n kunstenaar se plig om deur liriek en musiek ons te help om aanvaarding te vind. En dat die wat agterbly hulle geliefdes eendag weer gaan sien.

Kwaggabees het ‘n rare talent om iets so pynlik soos die dood op ‘n manier aan te te bied wat almal wat daarna luister ‘n traan gaan laat stort. Hy is ‘n aanwins vir die Afrikaanse musiekmark, ‘n stem van hoop. Iets wat ons almal nou baie nodig het.

SOSIALE MEDIA

Facebook