Kyle September deel voorsmakie van nuwe lied

Kyle September deel voorsmakie van nuwe lied

Kyle September stel hierdie Vrydag sy nuwe enkelsnit CUDDLE UP vry.

“CUDDLE UP gaan daaroor om daar te wees vir iemand wanneer hulle ’n slegte dag gehad het of om deur iemand spesiaal bemoedig te word wanneer jou eie dag sleg was,” verduidelik Kyle September oor die betekenis agter sy nuutste goedvoel-snit wat verseker opslae gaan maak in musiekkringe.

Volgens September kan die nuutste snit uit sy eie pen beskryf word as ’n “oulike ligte popliedjie” wat sal aanklank vind by ’n wye gehoor. “Fisiese aanraking is my liefdestaal. ’n Intieme gebaar kan baiekeer regkry wat woorde nie kan nie. Hierdie liedjie vang hierdie gedagte perfek vas,” deel hy.

Kyle is bekend vir sy opgewekte positiewe musiek en jy gaan verseker CUDDLE UP by jou versameling wil voeg!

Ons het met Kyle gesels om meer uit te vind oor CUDDLE UP en sy musiek.

Beskryf jou musiekstyl?
Pop

Wat inspireer jou om musiek te skryf?
My waarnemings van mense en die wêreld inspireer die onderwerpe van my musiek, maar my liefde vir musiekkomposisie is wat my dryf om aan te hou skryf.

Waar het die idee vir CUDDLE UP ontstaan?
Koue weer 😅 Ek wou ook ‘n liedjie skryf waarmee paartjies hulle kan vereenselwig.

Wie het saam met jou gewerk aan die vervaardiging van die liedjie?
Muse Studios, Brendan het dit vervaardig en Hugo Ludik het dit gemeng.

Wat is volgende vir Kyle September?
Ek stel my album vry (26 Augustus) en fokus op optredes. Ek wil die klank van my komende album regstreeks na mense bring.

Hoe vergelyk hierdie snit met jou vorige werk?
Dit is nogal anders as die up-tempo vibe van SWEETNESS en LITTLE THINGS, maar deel ooreenkomste met ANALOG HEART deurdat dit sag, sensitief en oulik is.

Hoe verseker jy dat jy voortgaan om jou kreatiwiteit te ontwikkel?
1) Speel met en verken klanke/akkoorde/melodieë/lirieke wat my styl uniek maak.
2) Luister na ander nuwe popkunstenaars met vars idees.

Waar sal jy graag in die toekoms wil optree?
1) Al die plekke wie se radiostasies het my liedjies ondersteun.
2) Die land se grootste feeste
3) Internasionale optredes.

As jy aan CUDDLE UP dink, aan watter soortgelyke musiek dink jy?
John Mayer. Hy is ‘n groot invloed van my en my gunsteling liedjieskrywer.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram, YouTube

LEES MEER

Kyle September – ANALOG HEART

Kyle September stel musiekvideo vry vir, SWEETNESS!