Michael Blignaut – die donkerkop-sanger van Piet Retief

Michael Blignaut – die donkerkop-sanger van Piet Retief

“Sang was van kleintyd een van my grootste passies.  Dis waar ek op my gelukkigste is.”  Dit is die woorde van Michael Blignaut as hy verduidelik hoe hy in die musiekwêreld opgeëindig het.

Foto: Willem Botha

Michael is afkomstig van Piet Retief.  Hier het hy grootgeword en ook sy hoërskoolloopbaan voltooi. 

Deur die dag mag jy hom dalk in `n kantoor kry waar hy besig is met operasionele funksies, maar gedurende die nag maak hy steeds tyd vir sy musiek.  Dit is dan wanneer hy nuwe musiek aanleer en ook voorberei vir sy optredes oor naweke.

Michael sing graag ballades wat deur sagte lirieke `n sterk boodskap oordra.  Liedjies waarmee elke persoon kan identifiseer.

Celine Dion, Riana Nel, Michael Bublé en Josh Groban is van Michael se grootste rolmodelle en invloede vir sy musiek. 

Michael het in Februarie 2019 sy tweede enkelsnit vrygestel – “Hemelwater”.  Hierdie lied is geskryf deur Vaughan en Nerine Gardiner.  Die lied vertel die verhaal van `n ontmoeting tussen mense wat bestem is vir mekaar.

Tesame met Vaughan Gardiner is hul besig om te werk aan sy derde enkelsnit wat teen einde Julie, begin Augustus vrygestel sal word.  Hy verklap ook dat daar `n musiekvideo beplan is vir hierdie vrystelling.

Michael se musiek is tans beskikbaar op alle digitale platforms (JOOX, iTunes, Apple Music, Deezer & Spotify).  Hy spog ook met 2 musiekvideos op SABC 2 en KykNet Kanaal 147.

Michael Blignaut – Hemelwater

“Alhoewel die musiekindustrie nie ‘n maklike industrie is nie, moet nie te vinnig handdoek ingooi nie. Wees realisties oor wat jy wil bereik, wees altyd jouself en werk hard vir wat jy wil hê. Wees eerlik in alles wat jy doen en moet nooit ‘n brug met enige persoon brand nie. Respekteer elke persoon wat jy op jou pad ontmoet – Jy weet nooit watse deure vir jou oopgemaak kan word wanneer jy dit die minste verwag”

Michael se raad aan jong kunstenaars.

Vir besprekings kontak:
Drikus Verster
[email protected]
082 455 9215

Volg ook vir Michael op sosialemedia:
Facebook
Instagram

PUBLISITEIT & BEMARKING
Starburst Promosies
Alani Coetsee
Sel: 072 442 6918
E-pos: [email protected]
Web: www.starburstmusic.co.za

Leave a Reply