fbpx
MyMyMy – VONKEL

MyMyMy – VONKEL

Die enkelsnit en video vir MYMYMY se borrelende nuwe tune, VONKEL, onlangs uitgereik. Dit is ’n opgewekte, onopgesmukte dansnommer wat met een doel gemaak is: om jou te kry om jou lyf te skud!

MYMYMY probeer met elke lied iets nuut. Conrad van Breda, medeskrywer en vervaardiger, sê: “Ons raak gou verveeld en kan nie vir lank dieselfde tipe musiek verdra nie. Ons probeer dus met elke snit iets innoverend doen.

VONKEL is die derde enkelsnit van ons opkomende album, TREFFERS VIR TANNIES, en dié keer wou ons ’n liedjie skep wat onbeskaamd, gelukkig en pret is. Anders as met ons vorige paar snitte is hierdie sonder ironie, sarkasme of satire.” 

Met VONKEL is die boodskap dus eenvoudig: Maak tyd vir jouself, en maak tyd om te beweeg, verkieslik op ’n maat van disko.

Jana Oosthuizen, sanger en medeskrywer sê: “Ons wou die frase “met ’n huppel in jou stap” as vertrekpunt gebruik, maar “huppel” is mettertyd vervang met “vonkel” omdat dit die betekenis van die lirieke effens verdraai. Ons wou ’n feel-good vibe skep wat elke keer dat jy dit luister net beter raak.”

Die musiekvideo (verfilm deur Johan Nel) vertel ’n ander storie. Die uitgangspunt is eenvoudig dog anders: MYMYMY verskyn onheilspellend in ’n parkie en bied vreemde kinders roomys aan. Soos die kinders die roomys aanvaar gebeur daar aardige dinge wat hulle noop om wraak te neem op MYMYMY, wat uiteindelik die aftog blaas en verdiend ly onder die toorn van die vonkelende kinders.

Jana sê: “Ons kon maklik net ’n dansvideo maak wat by VONKEL sou pas, maar ons kon onsself nie help nie en het iets gekies wat die oorspronklike idee van die liedjie ondermyn.”

Daar is ‘n sterk tikkie Riller in hierdie effens bizarre video wat herinner aan David Lynch en mid-2003 Days Of Our Lives. Gepas vir die lied se VRYDAG DIE 13DE vrystelling.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram