fbpx
Nicholis Louw – World in Union nou digitaal beskikbaar!

Nicholis Louw – World in Union nou digitaal beskikbaar!

Die bekroonde en veelsydige superster, Nicholis Louw en die uiters begaafde en talentvolle sangeres, Liezel Pieters het gedurende September 2019 ’n hartroerende weergawe van die 1995 PJ Powers en Lady Smith Black Mambazo-treffer, WORLD IN UNION vrygestel. 

Dit het aanhangers se asems weggeslaan en kan gereeld landswyd oor die klankgolwe van  radiostasies gehoor word. Nou is daar goeie nuus! Hierdie hoendervleismooi weergawe is ook op digitale platforms beskikbaar!

Nicholis Louw en Liezel Pieters se stemme vul mekaar perfek aan in hierdie unieke, emosiebelaaide weergawe van WORLD IN UNION. Die lied is ’n merkwaardige huldeblyk aan ’n sportsoort met ’n ryk kultuur en tradisie. Dit sal luisteraars ook daaraan herinner om saam te staan in ’n wêreld waar situasies soms hopeloos lyk.

Dit is beslis die perfekte manier om die 2019 Rugbywêreldtoernooi op ’n hoë noot mee af te sluit en ’n moet-hê-snit vir elke rugbykuier se musieklys.

Kry die liedjie hier:
Apple Music
Deezer

SOSIALEMEDIASKAKELS:

NICHOLIS LOUWFacebook, Instagram, Twitter
Webblad: www.nicholislouw.co.za \

LIEZEL PIETERS Facebook, Instagram, Twitter

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui