fbpx
Podsending Ep. 2 – Elmé Churr

Podsending Ep. 2 – Elmé Churr

Na ’n reis van sewe jaar vol hoop, geduld en totale vertroue, vier Elmé Churr haar wonderwerkbaba met haar splinternuwe enkelsnit, KOS VIR JOU SIEL, se musiekvideo wat op Donderdag, 30 Januarie vrygestel is. Dié liedjie is op haar nuwe album met dieselfde titel.

Kos vir my Siel handel oor hoop en dat ’n mens altyd moet vashou aan die beloftes wat God gemaak het,” het Elmé vertel. Met dié liedjie wil sy luisteraars herinner dat God net die beste vir sy kinders wil hê en dat mens moet bly glo in wonderwerke.

Wonderwerke gebeur juis as jy platgeslaan is – mens moet net al jou vertroue en hoop op Hom plaas en nooit moed opgee nie,” het sy verduidelik. Elmé beleef eerstehands só ’n wonderwerk van God met haar swangerskap van bykans vyf maande wat sy nou vir die eerste keer bekendmaak.

Sy en haar man, Ben, het lank gedroom oor die dag wat hulle twee ’n gesin van drie sou word, maar na jare van smekende gebede, was hul reeds op die punt van opgee toe sy besef sy is swanger.

Zander de Beer het met Elme gesels om meer oor hierdie lied uit te vind.