fbpx
Robert Bolton – DANS IN AFRIKAANS

Robert Bolton – DANS IN AFRIKAANS

ʼn Liefde vir punk-rockmusiek en inspirasie deur alternatiewe musiek word vasgevang in Robert Bolton se splinternuwe enkelsnit, DANS IN AFRIKAANS.

DANS IN AFRIKAANS is ʼn punk-popsnit uit Robert se eie pen. Hy en Shan Read het die liedjie op die stoep van sy huis in Stellenbosch geskryf.

Die liedjie is geïnspireer deur Robert, wat aan die sangkompetisie Die Kontrak 2 deelgeneem het, se liefde vir punk-rock- en alternatiewe musiek en groepe soos Glaskas en Die Heuwels Fantasties.

DANS IN AFRIKAANS is ʼn energieke lied en vertel van die sanger se grootste musikale inspirasies. Die klank van die liedjie kan vergelyk word met dié van die internasionale punk-rockgroep Blink 182.

“Ek sing ook oor my ervaring van skool, waar ek nie altyd lekker ingepas het nie omdat ek meer aanklank gevind het by musiek as by sport,” sê Robert oor die tema van die liedjie.

Die ritmiese liedjie is net betyds vir die somermaande wat voorlê en skep ‘n interessante agtergrond oor die sanger.

“Ek dink die publiek gaan die liedjie baie geniet as gevolg van die lekker positiewe energie wat dit skep. As jy goed kan sokkie is dit ook ʼn liedjie vir jou om op te skoffel,” sê Robert.

Hy wil graag luisteraars aanmoedig om verskillende genres van Afrikaanse musiek te omarm. Ek glo dit is ook my verantwoordelikheid as musikant om te ontdek en gebruik te maak van die gapings in ons musiekbedryf waar daar nog nie baie fokus is nie.”

Die musiekvideo vir DANS IN AFRIKAANS is by die gewilde kuierplek, Padstal in Pretoria, verfilm asook in ʼn tuisateljee. Die prettige video bestaan uit verskeie elemente, waarvan sy optrede ook deel uitmaak.

Robert het sy debuut gemaak met die liedjie Toy Train nadat hy aan Die Kontrak 2 deelgeneem het, maar wil nou iets meer kommersieel aan die mark bied.

Meer oor Robert Bolton:

Musiek het nog altyd ʼn integrale rol in Robert Conradie, oftewel Robert Bolton, se lewe gespeel en leef hy van kleins af vir die musiek- en dramawêreld.

Robert het op sesjarige ouderdom begin klavier speel en sing. Hy het sy vroeë jare in Vredendal deurgebring voordat sy gesin na Stellenbosch verhuis het.

Robert het sy musikale reis voortgesit en terwyl hy sy skoolopleiding voltooi het. Die sanger is bekend vir sy veelsydige musiekstyl, maar blink uit in rock, soul en blues.

Hy woon tans in Stellenbosch en sy kat, Jackson (vernoem na sy elektriese kitaar), bring vir hom baie vreugde.

Robert het ná matriek aanvanklik geregistreer om BEmC (Bachelor in Emergency Medical Care) te studeer. Sy stokperdjies sluit abseiling, kransspring, voetslaan, bergfietsry en branderplankry in.

Wanneer hy na musiek luister, is Robert mal oor Gospel Blues en sielmusiek, maar hy is ook ‘n groot aanhanger van alternatiewe rock en ballades.

Hy is lief vir die natuur en geniet dit om oor diere, voëls en plante te leer en te gesels.

Robert kry musikale inspirasie van plaaslike en internasionale musikante soos Lewis Capaldi, Kaleo, Justin Bieber, Francois van Coke, en Spoegwolf.

SOSIALE MEDIA

Instagram