fbpx
Ronatan BEELDSKONE STRYD moedig die mooi aan

Ronatan BEELDSKONE STRYD moedig die mooi aan

In hierdie tyd van isolasie, onsekerheid en selfs angs het Ronatan heel gepas ‘n enkelsnit van hoop en aanmoediging vrygestel.  BEELDSKONE STRYD gaan oor hoe elke mens met ‘n innerlike stryd sit van gebeurtenisse in die verlede wat gelei het tot seer, teleurstelling en verwerping.

Dit het weer ‘n onderliggende impak op hoe ons reageer in ons daaglikse lewens. Maar dit gaan ook oor die mooi wat kom as mens die keuse maak om deur dit te veg.

As mens nie sekere goed in jou lewe verwerk nie kan dit lei tot ‘n negatiewe reaksie wanneer dinge moeilik raak – dis hoe ons is as mens“, deel Ronatan.  Hy sê verder BEELDSKONE STRYD is geinspireer deur sy eie lewe nadat hy met persoonlike goed gewerk het met mense wat hy weet hy kan vertrou, sy belang op hul harte het en God toegelaat het in die proses om dit wat vuil en lelik is te verander na iets wat beeldskoon is. 

Dis soos ‘n wond wat infeksie het – jy moet eers al die vuil uitkrap wat seer is, maar as dit skoon is kan die wond mooi toegwerk word en oor tyd sal dit genees in ‘n letsel wat nie meer seer is nie, selfs al druk jy daarop“.

Luister hier

Ronatan het dié lied vrygestel in assosiasie met Eurovision South Africa deur die hulp van Roy van der Merwe.  Hy het weereens saamgewerk met Rian Swanepoel van ProTrax Studios aan die nuwe vervaardiging van die enkelsnit.

Wat dink ons?

3 out of 5 stars

Die lied spreek n baie sterk tema aan – dat ons as mense nie moet opgee in tye wanneer dit swaar of bedruk gaan nie.

Die musiek is sag om na te luister en Ronantan se vertolking komplimenteer die lirieke en die musiek.

Die lied is perfek vir die persoon wat dieper wil dink oor dinge en vir wie lirieke belangriker is as musiek. As jy hou pop ballades sal BEELDSKONE STRYD vir seker by jou aanklank vind.

Besprekings: Stuur ‘n epos aan [email protected]

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook, Instagram, YouTube