fbpx
Tailor & Tramp – ALLEY CAT

Tailor & Tramp – ALLEY CAT

Tailor & Tramp het met die intrapslag opslae gemaak met hulle debuut-enkelsnit, MIDNIGHT TEMPTATION, en nou is dié Pretoriaanse viermanskap terug in die kollig met ’n splinternuwe enkelsnit wat musiekliefhebbers nog meer gaan beïndruk.

ALLEY CAT is deur Mark Belling vervaardig en is ’n lekkerluister-snit uit die hoofsanger, Werner “Weerlig” Kruger, se eie pen en gaan oor ’n troefkaart-tipe (wild card) persoon wat eintlik ’n oulike ou is.

“Eintlik is hierdie liedjie ’n tipe selfportret, want al my vriende sê altyd dat ek ’n ‘wild card’ is,” verduidelik Werner. “Ek dink dit is goed om iets van jouself in te sluit in jou musiek, want dit maak dit eerlik en mense kan daarby aanklank vind. Dit is ’n lekker ligsinnige liedjie en ek hoop dat mense dit sal geniet.”

’n Musiekvideo sal binnekort beskikbaar wees, maar op hierdie stadium wil hulle nog nie te veel hieroor verklap nie.

ALLEY CAT volg in die voetspore van Midnight Temptation wat baie goed ontvang is en tans speeltyd kry op van die grootste radiostasies in die land.

Tailor & Tramp bestaan uit vier talentvolle musikante, Werner, Fish Archer (hoofkitaarspeler), Matthew Gerli (baskitaarspeler) en Reinhardt von Solms (dromspeler) wat die kuns vervolmaak het om gehore te bekoor met hulle unieke Country-Rockklank.

Die groep is in 2018 gestig nadat Werner en Fish besluit het om vir die pret begin saamspeel het as ’n musiek-projek, Uit Die Bloute.

Sedertdien het hulle van krag-tot-krag gegaan en die verhoog gedeel met verskeie groot name, waaronder Jo Black, Snotkop, Franja Du Plessis, Jay, Pieter Koen en vele meer.

Alhoewel Covid-19 heelwat van hulle planne in die wiele gery het vir 2021, is hulle besig om te werk aan hulle eerste album en beplan hulle om binnekort in Nashville te gaan toer om hulle musiek aan die internasionale mark bekend te stel.

ALLEY CAT bou voort op die unieke energieke klank en Country-Rock styl waarvoor Tailor & Tramp reeds bekendheid verwerf het en is die perfekte lusmaker van wat hierdie veelsydige groep musikante vir die toekoms beplan.

Die liedjie is nou op alle digitale platforms beskikbaar. Laai dit hier af: 

https://music.apple.com/za/album/alley-cat-single/1584086110

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook, Instagram