fbpx
Tobi Jooste – Als is ’n f*kop

Tobi Jooste – Als is ’n f*kop

Tobi Jooste 

Als is ’n f*kop! 

R170.00
Naledi 
ISBN: 9781928518723

4 out of 5 stars

2020 – ’n Jaar waarin die meeste van ons vra: Wat nog? 

Alles is ’n gemors, deurmekaar, donker, onseker. Covid-19 het ons lewens onherroeplik verander. Ons glimlagte is weggesteek agter maskers, ons dryf net verder weg van onsself en ons humeure is kort! 

Ná die sukses van Daar is ’n Eiffeltoring in sy boedel, ’n topverkoper met vyf oplae, is Tobi Jooste terug met ’n boek waarin hy die klein jakkalsies wat tussen jou en jou geluk staan, aanpak sonder om enige doekies om te draai. 

Ons loop met skoon hande, maar wat is die emosionele impak van hierdie tye op ons?” vra Tobie.

In die voorwoord vat Steve Hofmeyr die boek saam: “Tobi Jooste omskryf ons tameletjie en lei ons daardeur met ’n deernis eie aan hom.” 

Maar dié boek (ten spyte van die visuele titel) gaan nié oor Covid-19 nie. Dit gaan oor ons emosionele welstand. Dít wat ons deur hierdie krisis gaan dra. 

Als is ’n f*kop is ’n boek wat vinnig en lekker lees. Tobi se pittige humor en interessante vertellings is iets wat jy saam met jou sal dra, veral wanneer jy voel jy kort daardie hupstootjie om elke dag van hierdie vreemde jaar voluit te léwe! 

Tobi Jooste is reeds bekend as sanger, skrywer, TV-aanbieder en sakeman. Hy het vyf albums en ’n DVD op sy kerfstok. Hy is die direkteur van sy eie maatskappy en tree gereeld as sanger en motiveringspreker op. Verder het hy ’n passie vir reis en kook, en is hy is tans die boeke- en kosredakteur van Bloss Tydskrif.