fbpx
Kontras se debuutalbum KONTEKS is hier

Kontras se debuutalbum KONTEKS is hier

Kontras se debuutalbum, VIR KONTEKS is onlangs vrygestel en volg in die suksesvolle klankgolwe van verskeie enkelsnitte en kort albums, Side A en Side B, die afgelope 2 jaar. Saam met die album, stel hulle ook die vierdie enkelsnit, DIE RUIMTEVAARDER, uit die album vry. Met die splinternuwe snit is daar ‘n dramatiese klankskepping met lirieke wat handel oor swaarkry en hoe om jouself weer op te tel.

Na die sukses van die voelgoed-klanke van VELDE, die hartroerende DIE HAPPY SONG, en die wilde MORS JOU DRANK beeld DIE RUIMTEVAARDER Kontras se diversiteit in hul klank aan. Kontras nooi jou uit saam met hulle op ‘n reis te gaan deur die heelal en jou plek in dit te herbevestig. Die enkelsnit maak gebruik van kitare en drywende dromme begelei deur viole, cellos, trompette en trombone wat hierdie lied tot hemelse vlakke laat styg. “Wat begin as ‘n kalmerende ‘lullabye’ en sagte stemwerk, einding met ‘n dramatiese katarsis in ‘n oerknal van simbale en kitare.”

kontras vir konteks omslagontwerp

Volgens Jacques Groenewald, hoofsanger en skrywer van Kontras, was daar in die uiteensetting van die heelal plek geskep vir die mens en ons het iewers langs die pad ons plek verloor. DIE RUIMTEVAARDER herinner jou jy is ‘n kind van die sterre, gebore uit iets magies en bedoel vir soveel meer. “Ken jy die krag van die menslike hart?”, vra hy.

Kontras se unieke naam kom uit die lirieke vanuit een van die eerste liedjies wat die hoofsanger, Jacques geskryf het naamlik PARAFIEN PARADYS. Die manne het aanklank by die naam gevind en hulle groep so benoem. Hulle het in 2018 hulle musiek vir die eerste maal publiek gemaak met die vrystelling van EP’s, musiekvideos en later ook optredes in die Wes-Kaap.

Alhoewel die viermanskap kom van regoor die land, het saam studeer op Stellenbosch waar hulle saam begin musiek maak en skryf het in 2016. Die trots onafhanklike kunstenaars beskryf hul musiek as ‘n konglomerasie van verskeie musieksmake en -style met Afrikaanse rock en ballade ondertone. “Daar is waarlik ‘n ‘kontras’ wat geskep word met ons musiek en ‘n diverse klank wat na vore kom, als gebind met die goue lind van eerlik tot en met jouself wees.”

Hulle musieksmaak wat hulle beinvloed is so divers en kontrasterend soos dit kan kom en hul talente ook. Tussen die 5, insuitend Arnold hulle bestuurder, bespeel hulle kitaar, baskitaar, dromme, klavier en die ukulele. “Dit als saam in ‘n smeltpot het ons inspireer om die diverse klank wat jy in ons musiek kan hoor na vore te bring.”

Daniël vertel dat hulle almal nog altyd ‘n groot belangstelling in en liefde vir musiek gehad het. “Ons het nie meer oorspronklike nuwe musiek gehoor waarvan ons hou nie en toe besluit ons om dit self te probeer maak.” Tydsberekening was perfek in die seisoen dat daar nou soveel ander alternatiewe afrikaanse kunstenaars na vore gekom het.

Die manne werk almal voltyds, maar steek graag ‘n vuurtjie aan saans na werk in die skaduwees van die Eikestad se berge. Hulle oefen gereeld saam in die “flamink” op die erf waar meeste van hulle saambly. “Ons dryf mekaar om ons drome na te jaag.” Hulle het groot drome, maar dit sluit nie in om die land te verlaat nie. Daar is wel drome vir meer geleenthede vir kleiner kunstenaars en ‘n toekoms in Suid-Afrika binne die musiekindustrie.

Ontmoet vir Kontras:

kontras band lede

Hoofsanger – Jacques Groenewald

Dromspeler – Daniël Botha

Kitaarspeler – Andrew Veldman

Baskitaarspeler – Louwrens Labuschange

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook, Instagram

Webblad: www.kontrasband.com

NAVRAE

Besprekings
Naam: Arnold
Sel: +27 76 215 7185
E-pos: [email protected]

LEES MEER:

DIE HAPPY SONG – Kontras is terug met ’n hartroerende nuwe enkelsnit

Kontras verras met nuwe enkelsnit en video

Alternatiewe Afrikaanse Rock Band – Kontras