fbpx
Adrie van der Dussen leef BRAAF met debuutenkelsnit

Adrie van der Dussen leef BRAAF met debuutenkelsnit

Om braaf te wees, definieer jou vermoë om jou vrese in die gesig te staar, om jou kettings af te gooi en om te veg vir dit waarin jy glo. Adrie van der Dussen pak haar debuutenkelsnit, BRAAF, presies so aan.

Adrie was ses jaar oud toe sy tydens ’n kunswedstryd vir die eerste keer op ’n vleuelklavier kon speel. Dit het vir haar gevoel asof daar ’n stroom elektrisiteit deur haar hele lyf skiet en van daardie dag het sy geweet dat musiek deel is van haar lewe.

adrie van der dussen braaf

Met ’n agtergrond in klassiekemusiekstudies het sy ’n wye begrip van verskillende genres, maar sy wil nie haarself definieer deur ’n enkele musiekgenre nie. Sy beskryf haar musiekstyl as ontwikkelend en glo die regte gehoor sal haar vind.

Adrie hoop om met haar eerlike lirieke ’n gehoor te vind wat haar musiek sal waardeer. Die klanke voer ’n mens weg en dra jou na plekke waar jou siel gestreel word en jou emosies diep aangeraak word. Die soet klavier- en dwarsfluitklanke vul haar stem perfek aan.

Dié Pretorianer vind inspirasie uit verskeie oorde en beoordeel elke lied wat sy hoor op eie meriete. Sy vertel dat vlak vyf van die grendeltydinperking aan haar die tyd en moed gegee het om te gaan sit en skryf. Die skryfgogga het haar toe behoorlik gebyt en sy kon braaf agter die mikrofoon intree as onafhanklike kunstenaar.

Ek wil my musiekreis geniet en myself daardeur beter leer verstaan. Indien daar ’n gehoor is wat dit saam met my geniet en aanklank vind by wat ek te sê het, is dit ’n voorreg,” deel sy. Adrie vertel dat sy tydens ’n optrede by ’n kinderhuis gesien het watter krag daar in musiek lê. Na die eerste lied het van die kinders so emosioneel geraak dat hulle deur hul huismammas verwyder is. Daar was nie geleentheid vir Adrie om haar program te voltooi nie en sy het besef watter verantwoordelikheid saam met die krag van musiek kom.

Adrie glo dat ’n lewe sonder musiek nie vir haar ’n opsie is nie. Sy leef tans haar passie uit deur Afro Celt Productions, wat spesialiseer in musiekteaterwerk, asook String Things, waar sy dwarsfluit speel vir troues en dies meer. Sy het nog baie toekomsplanne en nooi belangstellendes om haar op sosiale media te volg en so saam met haar in die opwinding te deel.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram

KONTAKBESONDERHEDE

Afro Celt Productions
Agent: Mairi Surtees Cameron

Email: [email protected]
Tel: 0114821053
Cell: 0833951014

www.stringthings.co.za

E-pos: [email protected]

String Things Hoofkantoor: 064 503 5184