fbpx
Vibrancy stel tweede sielvolle enkelsnit vry!

Vibrancy stel tweede sielvolle enkelsnit vry!

PLANTED is die tweede inspirerende vrystelling vanaf die album, ONE, wat deur die projek VIBRANCY – A COLLECTIVE OF CREATIVES begin is om hoop en samesyn in Suid-Afrika te bewerkstellig.

Die liedjie, wat deur Lebohang Kgapola en Rashid Adams gesing word en geskryf is, is gebaseer op Jeremia 17: 7-8, en dra die boodskap dat daar altyd hoop is vir diegene wat glo. “In die onsekere tye waarin ons vandag leef, sal hierdie liedjie lig en hoop bring. Omdat dit gegrond is in God se Woord, weet ons dat ons oor enige omstandighede kan sing en nie bang hoef te wees nie, want Sy liefde is ons rots,” vertel die skrywerspaar oor die boodskap agter hierdie sielvolle snit. PLANTED is ’n opgewekte aanbiddingslied wat baie vreugde bring, omdat ons weet dat dit nie saakmaak wat gebeur nie, want ons het Sy Woord en genade.”

VIBRANCY – A COLLECTIVE OF CREATIVES is ’n projek wat oorspronklik in 2018 deur in Harmonie, in Franschhoek in die Kaap, geloods is. Die doel was om kreatiewe breine in die geestelike gemeenskap, in ’n pragtige en rustige omgewing en onder die leiding van die Amerikaanse liedjieskrywer en mentor Rita Springer (wat met groot name soos Kari Jobe en Jeremy Riddle werk), te inspireer om saam musiek te skryf oor rus, genesing en versoening. 

Die eindresultaat van hierdie byeenkoms het gelei tot die ontstaan van ’n splinternuwe album, ONE, wat amptelik op 7 Junie bekendgestel is on onmiddellik die Nr. 2 posissie op die SA iTunes trefferparades ingeneem het. Dit spog met sewe oorspronklike snitte, in verskillende musiekstyle, waaraan verskeie van die betrokke kunstenaars (Hemelbesem, Joe Niemand, Sumarie Schoeman, Ndumiso Manana, Rouchelle Liedemann, Rashid Admans, Sima Mashazi, Langa Mbonambi, Lebohang Kgapola, Lesego Senwamadi, Mégan Schilder, Gideon Nel, Carlyn Ganz, Cjay, en meer) saam gewerk het en wat die diversiteit van ons Reënboognasie vier.

Elkeen van die sewe liedjies word nou afsonderlik, oor sewe weke, vrygestel saam met ’n liriekevideo en musiekstorie om die impak van elke snit ten volle vas te vang en Gideon Nel is verantwoordelik vir die skep van die besonderse albumkunswerk. Verder kan kerke ook die bladmusiek aflaai, sodat die hele land kan deel word van hierdie inisiatief en Trots Suid-Afrikaanse musiek kan sing.

Be Glorified, wat deur Sima Mashazi gesing en  deur Mashazi, Langa Mbonambi, Karien de Waal en Koketso Molaolwe geskryf is, is die eerste enkelsnit wat met die publiek gedeel is. Hierdie snit het dit reggekry om onmiddellik die harte van plaaslike luisteraars vas te vang en kan tans op verskeie radiostasies en platforms gehoor word.

Volgens die skrywersspan wou hulle met dié lied nie net God vir sy goedheid prys nie, maar ook die land aan Hom wou opdra. Buiten vir die kragtige lirieke en meesleurende wysie, word die boodskap in die lied ook in verskillende tale (Engels, Afrikaans, Zoeloe en Sotho) gedeel, wat aan dit ’n baie unieke Suid-Afrikaanse geur gee.

VIBRANCY – A COLLECTIVE OF CREATIVES is meer as net liedjies op ’n album, ’n idee en konsep of selfs ’n beweging. Dit gaan oor verhoudings en familie. Dis ’n groep wat droom oor ’n beter wêreld, waar verskille en diversiteit met trots gevier word, want elkeen voeg liefde en waarde by.

“Ons glo dat dit belangrik is vir Suid-Afrikaners om liedjies te begin sing wat relevant is tot vandag se konteks en ons geskiedenis en dat dit tyd is om genesing en oorwinning uit te spreek oor ons land en die probleme wat tans hier heers. Ons moet ook bid en sing oor die toekoms van Suid-Afrika,” sê Ervaringsontwerper, Andriëtte de la Harpe.

PLANTED is nie net ’n lied wat mense sal aanpor om saam te sing nie, maar is ook ’n baken van lig en hoop waaraan hulle kan vashou wanneer hulle omstandighede dit maklik maak om op te gee.

https://open.spotify.com/album/2BTDPZrttt46rxb94ZgQY2?si=OHbBqSgYScm5HbPLxfSAdg

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook, Instagram & Twitter
Instagram:  @Vibrancy_za
Twitter:   @Vibrancy_za
Webtuiste:  www.vibrancycollective.com

PUBLISITEIT EN BEMARKING

Starburst Promosies
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: [email protected]
Webblad: www.starburstmusic.co.za

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui