fbpx
Vox Chamber Choir bied aan: KRUIS VAN LIEFDE

Vox Chamber Choir bied aan: KRUIS VAN LIEFDE

KRUIS VAN LIEFDE is ’n splinternuwe, Afrikaanse Paasoratorium gekomponeer deur die Suid-Afrikaanse komponis, Franco Prinsloo.

Nuwe, roerende verse uit die pen van bekroonde digters, professors Hans du Plessis en Bernard Odendaal, vertel die verhaal van Jesus se kruisiging. Gehoorlede word op ’n musikale pelgrimstog geneem deur die Vox Chamber Choir aan wie die werk ook opgedra is.

Franco Prinsloo se meesleurende toonsetting maak gebruik van ’n klein ensemble bestaande uit orrel (Andrea Kayser-Mitas), marimba (Magdalena de Vries), keteltromme (Deo du Plessis) en bykomende perkussie (Faye Prinsloo).

Slegs een publieke vertoning word op 4 April 2020 in die ZK Mathews Great Hall, UNISA Muckleneuk Campus, Pretoria. Kaartjies kan aanlyn by Tixsa gekoop word teen R120 of op 4 April by die deure teen R150.

Luister hier na ’n voorsmaak van die musiek: 

Kom beleef opnuut die Paasverhaal in Afrikaans en wees ’n getuie van die sinergie tussen die digkuns en musiek wat hierdie werk onvergeetlik sal maak.

KRUIS VAN LIEFDE is moontlik gemaak deur Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, en word ook ondersteun deur UNISA se Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap.

Datum: 4 April 2020 (Saterdag)
Tyd: 19:30
Kaartjies: R120 aanlyn by Tixsa | R150 by die deur
Plek: ZK Mathews Great Hall, UNISA Muckleneuk Kampus, Pretoria (Adres: Preller Straat 330, Muckleneuk, Pretoria)

Facebook Event: klik hier

Komponis en dirigent: Franco Prinsloo
Pyporrel: Andrea Kayser-Mitas
Marimba en perkussie: Magdalena de Vries
Keteltromme en buisklokke: Deo Du Plessis
Adisionele perkussie: Faye Prinsloo