fbpx
Waldo Greeff se BED OF THORNS vertel ’n storie van gebrokenheid

Waldo Greeff se BED OF THORNS vertel ’n storie van gebrokenheid

’n Nuwe enkelsnit deur Waldo Greeff, BED OF THORNS, sing oor die hartseer en gebrokenheid van ’n verhouding wat nie uitgewerk het nie, wat totaal onverwags deur een party beëindig is. Hierdie enkelsnit was vervaardig in Los Angeles deur Trey Vittetoe, wat ook musiek vir Selena Gomez en Miley Cyrus vervaardig. 

Hierdie enkelsnit gaan oor n verhouding wat skielik geëindig het vir die verteller nadat hy gedink het dat alles goed gaan, maar dit is onverwags beëindig,” sê Waldo

Waldo werk tans as ’n musiekonderwyser in Katar, Doha. Tydens sy besoek aan Suid-Afrika het Katar ’n staat van inperking aangekondig weens COVID-19 wat verhinder het dat Waldo betyds kon terugkeer Doha toe.

Met Suid-Afrika ook in staat van inperking tot verdere kennisgewing, het Waldo besluit om te werk aan hierdie enkelsnit en dit hier vry te stel. Dit is Waldo se eerste enkelsnit in twee jaar.

Ek het besluit om hierdie lied as n enkelsnit vry te stel, omdat dit n kommersiële popklank het waarmee baie mense kan vereenselwig,” sê Waldo. “Liefde en hartseer is n universele tema en ons almal verstaan hierdie taal,” voeg hy by.

Hierdie lied spog met ’n koor wat deur luisteraars onthou sal word, en die woorde sal emosies opwek waarmee elkeen kan vereenselwig. Die musiekvideo vir BED OF THORNS is reeds beskikbaar op YouTube. Dit is in Kaapstad verfilm deur ’n plaaslike vervaardiger, Hugo Brand.

Waldo is bekend in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf en het al musiek geskryf vir ’n paar van die land se grootste kunstenaars, soos Steve Hofmeyr, Kurt Darren, Andriëtte, Izak Davel, MWAH!, Lee Scott en die Soweto Gospel Choir.

Ek is in besig om al my projekte by my persoonlike lewe aan te pas sodat ek myself permanent in Nashville in die VSA kan vestig as liedjieskrywer.”

Waldo sonder ’n paar hoogtepunte uit in sy loopbaan: Hy was die wenner van twee Huisgenoot Tempo Toekennings, en sy lied, ONS HUIS IS HIER, is ingesluit in die nuutste FAK Sangbundel. Hy het ook saam met die internasionale liedjieskrywer, Roger Brown (wat musiek vir Celine Dion en Barbara Streisand geskryf het) gewerk, wat vir hom terugvoer en advies gee oor sy musiek en die liedjies wat hy skryf.

Waldo se lied, BREATHE FOR YOU, was #1 op verskeie plaaslike trefferparades en die enkelsnit, SPEECHLESS, was ’n finalis in die John Lennon Internasionale Liedjieskryfkompetisie.

BED OF THORNS is beskikbaar op alle digitale platforms.

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook, Twitter, Instagram, YouTube