fbpx
Armand Hofmeyr vier eerste dekade van musiek met 10 JAAR album

Armand Hofmeyr vier eerste dekade van musiek met 10 JAAR album

Dit is moeilik om te glo dat ’n dekade so gou verbygaan en Armand Hofmeyr vier sy tiende jaar in die musiekindustrie met ’n nuwe album. 10 JAAR is ‘n samestelling van vyftien van sy gewildste treffers en aanhangergunstelinge soos KITTY, LEKKERLYF en PA EN SEUN saam met Steve Hofmeyr.

10 JAAR is reeds op die rakke en op alle digitale platforms beskikbaar. “Die album is om dankie te sê aan almal wat my die afgelope tien jaar ondersteun het, sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie! Ek gaan aanhou musiek maak en die volgende 10 jaar gaan nog groter wees!”

Die album bevat ook ’n splinternuwe enkelsnit SUID-AFRIKA wat einde 2019 vrygestel is. Die musiekvideo het binne ’n paar dae byna 50 000 kyke op YouTube bereik. “Suid-Afrika lê my baie naby aan die hart. Die liedjie gaan oor almal wat ’n beter lewe in Suid Afrika verdien en hoe meer ons dit spreek, hoe vinniger sal dit verander,” sê Armand.

Kyk die video hier:

Armand se nuutste enkelsnit SUID-AFRIKA

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook, Twitter, YouTube, Instagram