fbpx
Douvoordag sing oor SKRAPNEL in nuwe enkelsnit!

Douvoordag sing oor SKRAPNEL in nuwe enkelsnit!

Die gewilde duo, Douvoordag (Jattie & Ilse de Beer), sing oor geloof, vergifnis en aanvaarding in hulle nuwe enkelsnit wat hierdie week aan radiostasies landswyd uitgereik word. 

SKRAPNEL is ’n treffende kontemporêre snit, wat direk met die hart praat en jou aanmoedig om oor die lewe en geloof te dink. “Soms voel die avontuur van die lewe meer soos ’n oorlog. Die skrapnel van ongeloof, onvergifnis, bitterheid en blaam bly dan agter binne-in ons,” verduidelik die musikantpaar. 

Al hoe ons heel gemaak kan word, is om te kniel, dit oor te gee, en te laat gaan. Dis in die oorgee en laat gaan wat die dorre woestyn in jou mettertyd ’n kleurvolle tuin word.

Die enkelsnit vorm deel van hulle debuutalbum, DIE AVONTUUR, wat vir die paartjie ses Ghoema-benoemings, insluitend Nuweling van die JaarBeste Album deur ’n Groep/Duo en Beste Alternatiewe Album, besorg het.

Dit het ook nou vir twee Aitsa Afrikaanse musiektoekennings in die Nuweling van die Jaar– en Kontemporêre Album van die Jaar-kategorie gesorg. Die album was ook vroeër die jaar vir ’n SAMA-toekenning benoem in die Beste Kontemporêre Album kategorie.

Ilse en Jattie maak al sedert 2008 saam musiek en hulle liedjies soos Desembers, Die Avontuur, Uitsig en Manifes kan gereeld oor radiostasies landswyd gehoor word. Albei kom uit musikale families en was van jongs af deel van kore en ander musiekgroepe en -produksies.

SKRAPNEL is ’n inspirerende lied van hoop in ’n baie moeilike tyd in Suid-Afrika. Dit bou voort op die positiewe trant waarvoor Douvoordag bekendheid verwerf het en beloof om nog vir jare lank ’n gehoorgunsteling te wees.

Die liedjie is beskikbaar op hulle album, DIE AVONTUURen verkrygbaar op digitale platforms hier: https://INHOUDHUIS.lnk.to/DvD

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook, Instagram, Twitter

Webblad: www.douvoordag.com

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui