fbpx
Ek haak nogsteeds vas by jou – Afrikaanse debuut

Ek haak nogsteeds vas by jou – Afrikaanse debuut

EK HAAK NOGSTEEDS VAS BY JOU is Carina Heymans se eerste treë in Afrikaanse musiek. Haar debuutwerk praat van wedersydse gevoelens wat nooit lei tot ’n verhouding nie.

Dié persoonlike lirieke uit Carina se pen ontbloot die onsekerheid saam met “wat-as” liefde. Die musiek het egter ’n ligte, up-beat styl wat vir seker in die luisteraar se kop vashaak.

Carina Heymans

Die snit is verwerk en vervaardig deur Oriison productions (Joshua Oosthuizen). Joshua is ’n ervare klankingenieur wat al saam met kunstenaars soos Peter Hoven, Eva Morgan, Tanya V en Renée gewerk het.

Die dame is dalk ’n nuweling in Afrikaanse musiek, maar geensins ’n vreemdeling in die Suid-Afrikaanse musiekwêreld nie. Met ’n graad in Westerse kunsmusiek en jare se musiekmaak, spog sy met ’n ryk agtergrond in die kunste. Pas na die voltooing van haar studies, leef sy nou haarself op verskeie musikale maniere uit en deel graag die avonture op haar YouTube-kanaal.

Carina is passievol oor alle vorme van musiek. Haar filosofie is dat musiek grense moet oorskry en toeganklik moet wees vir die gewone luisteraar. Daarom skryf sy liedjies in ’n relevante, ligte styl wat temas aanspreek waarmee enigeen kan vereenselwig. Meer van dié liedjies sal binnekort beskikbaar wees.

Carina tree gereeld op in en om Pretoria. Sy beplan ’n optrede in George op 27 Desember. Skakel gerus in by haar YouTube- of Facebook- gemeenskap vir meer inligting oor toekomstige avonture.

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook, Instagram, Youtube

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui