fbpx
Gee My Net ’n Vriend, Elvis Blue se wens tydens COVID-19 inperking

Gee My Net ’n Vriend, Elvis Blue se wens tydens COVID-19 inperking

Musiek bly iets wat mense saambring, selfs al kan mense nie fisies saamwees nie. Dit bly ’n kragtige medium om uiting te gee aan die emosies en gevoelens van so baie mense in hierdie tyd.

’n Liedjieskrywer soos Elvis Blue se slag met pen en papier het dit nog altyd reggekry om uiting te gee aan dié gevoelens. In die gesig van hedendaagse uitdagings doen hy dit wraggies weer! Sy nuutste enkelsnit, GEE MY NET ’N VRIEND is pas saam met ’n musiekvideo vrygestel.


Tye soos hierdie dwing ’n mens om te kyk na wat werklik vir jou belangrik is,” sê Elvis Blue. “Die inperking het my baie laat dink aan eensaamheid en vriendskap. Ek besef so baie mense sit alleen deur dié tyd en dit is ’n verskriklike gedagte. Ek dink ook baie aan my eie vriende. Dit is waaroor ek probeer skryf het in die lied. Wat beteken vriendskap vir my? Dit is wanneer iemand bereid is om langs jou te staan, selfs al raak dinge moeilik. Ek hoop ek is só ’n vriend.”

Elvis Blue wys weereens hoekom sy musiek soveel mense diep aanraak en vir baie as die klankbaan van beide swaar en lekker seisoene dien. Met die universele waarheid van vriendskap in ’n seisoen van isolasie, en die outentieke blik “agter die skerms” van Elvis en sy huismense, is die lied en die video beslis in die kol!

Kyk die video hier:

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook, Instagram, Twitter

Webblad: elvisblue.co.za