fbpx
Heuning se splinternuwe enkelsnit, INGEPERK

Heuning se splinternuwe enkelsnit, INGEPERK

Heuning, wat bekend is vir hulle kenmerkende country-styl  is terug met ’n splinternuwe enkelsnit, INGEPERK, wat beskryf kan word as ’n kontemporêre lied met  ’n Country aanslag. Hierdie snit  is geskryf deur  Jeanette Pretorius.

Heuning het tydens die inperking met al sy uitdagings steeds op die positiewe dinge probeer fokus. Die ekstra tyd saam met ons geliefdes was die inspirasie agter die liedjie.

Heuning Ingeperk

“Ons het weereens net besef hoe kosbaar die mense is wat vir ons gegee is, alhoewel ons nie alles kon doen waaraan ons gewoond is nie was die tyd saam met ons gesinne ’n groot seën.”

“Ware rykdom is verseker die mense vir wie ons lief is.”

INGEPERK is ’n liedjie waarmee meeste mense kan vereenselwig en ons glo dat die publiek gaan mal wees daaroor. ’n Musiekvideo van dié treffer word later in die jaar vrygestel.

Ander enkel snitte wat deur Heuning vrygestel is, is Ou Vlam wat in Julle 2019 vrygestel is asook Maatstaf Vir My Hart en Die lied wat skree wat in 2018 uitgereik is. Albei hierdie snitte is ongelooflik goed ontvang en het op treffersparades van verskeie radiostasies en televisiekanale gepronk

Heuning, wat bestaan uit Jeanette Pretorius en Hansie Roodt, het bekendheid verwerf vir hulle unieke moderne country-popstyl wat aanklank vind by oud en jonk. Die groep se selfgetitelde debuutalbum is in 2012 uitgereik en was onmiddellik ’n treffer onder jonk en oud.

Nie net het dit in 2013 ’n Ghoema-toekenning vir Beste Country-album en ’n Huisgenoot Tempo-benoeming vir Beste Nuweling opgeraap nie, maar ook talle radiotreffers opgelewer, waaronder As ek Val, Bietjie Langer Bly, Drome, Skree en Ek Wil Met Jou Dans, asook talle suksesvolle musiekvideos wat vandag nog op die kassie te sien is. Die vrystellingvan hulle album, Drome, in 2015 het vir hulle die geleentheid gegee om by die Crystal Palace in Bakersfield, Kalifornië, te gaan optree.

Heuning se grootste doelwit is om mense se harte aan te raak met hulle musiek. Albei se passie vir musiek kom van kleins af en hulle geniet elke oomblik daarvan.

Hulle is baie ogewonde oor hulle nuutste enkelsnit INGEPERK: “Dit was lekker om weer ’n liedjie uit ons eie pen op te neem.”

Die enkelsnit is tans op iTunes, Google Play en talle ander elektroniese platforms beskikbaar:

SOSIALE MEDIA

Facebook, Twitter, Instagram, YouTube

BESPREKINGS

E-pos: [email protected]

LEES MEER:

Moenie dat ‘n ou vlam jou ‘n tweede keer brand nie – sê Heuning