fbpx
Hoe skryf ek ʼn persverklaring?

Hoe skryf ek ʼn persverklaring?

ʼn Goeie persverklaring is altyd ʼn goeie begin om aandag te fokus op jou nuwe vrystelling. Hierdie dokument is allermins ʼn lang dokument. Dit bestaan meestal uit een of twee bladsye. Dit is belangrik om al die inligting wat aan die publiek gekommunikeer moet word hierin te vervat.

(Hier onder kan jy ʼn voorbeeld kry van ʼn persverklaring.)

Verspreiders en Radio Pluggers kan wel ʼn ander formaat volg vir hulle persverklarings wat meer opsommend kan wees.

Kom ons gesels oor die verskillende aspekte van die persverklaring:

Kophoof

Dit is belangrik dat die kunstenaar se naam eerste verskyn. Direk onder dit kan die naam van die album/enkelsnit geskryf word. Om seker te maak dat dit uitstaan, is dit voordelig om hierdie teks dalk ietwat groter te maak as die res van die dokument s’n.

Hierdie inligting kan ook in ʼn boksie op sy eie staan. Enigiets om te verseker dat dit die nodige aandag geniet.

Indien jy deur ʼn uitgewer werk, is dit voordelig om die naam van die uitgewer en ook addisionele inligting soos ISRC en SAMRO inligting by te voeg.

Opsionele inligting sluit in:

  • ʼn Foto van die omslagontwerp
  • Kontakbesonderhede van die bemarkingsagent
  • ʼn Skakel na die kunstenaar se webblad of sosialemedia

Paragraaf Een

Dit is die eerste woorde wat geskryf word oor die album of enkelsnit. Maak seker jy begin met ʼn sterk openingsin. Indien dit ʼn opvolgvrystelling is, kan dit voordelig wees om na vorige werke te verwys.

Indien dit ʼn debuutwerk is, is dit nodig om dit te noem en om dan meer uit te brei oor die styl van die musiek self.

Dit is ook in hierdie gedeelte waar jy die span wat aan die produksie gewerk het, wil noem. Noem hier vervaardigers, gaskunstenaars en bekende musikante wat saamgewerk het. Indien die produksie deur ʼn bekende studio opgeneem is, kan dit ook genoem word.

Paragraaf Twee

Hierdie paragraaf is baie belangrik indien jy ʼn opkomende groep of solokunstenaar is. Gebruik hierdie paragraaf om meer uit te brei oor die kunstenaar en ook veral oor die res van die musiek indien dit ʼn album is. Moet egter nie die leser hier verveel met inligting wat in die biografie hoort nie.

Noem bloot invloede en dalk een of twee groot prestasies wat die kunstenaar bereik het.

Paragraaf Drie

Gebruik hierdie paragraaf om vir die leser ontwisbare rede te gee om ʼn resensie oor jou vrystelling te doen. Probeer om woorde soos “fantasties” en “ongelooflik” te vermy.  Noem eerder inligting soos:

  • Hoeveel kaartjies al verkoop is vir die opkomende vertonings.
  • Indien die vrystelling al genoem is in groot publikasies.

Afsluiting

Lys die nodige inligting vir die kontakpersoon wat die media navrae hanteer. Hierdie inligting moet duidelik geskei word van die res van die inhoud van die dokument. 

As opskrif kan daar staan: “Vir verdere inligting of om onderhoude te bespreek, kontak asb. vir Jan van der Merwe”

Voorbeeld

Kontakpersoon:
Sandra Smith (e-pos), (selfoonnommer), (webadres)

Born to POP se Debuutalbum “POP GOES THE WEASEL” Gaan die dak lig

PRETORIA, 15 MEI 2019 — XYZ Producer just produced a debut album for Born to POP called ” POP GOES THE WEASEL” that has already received airplay in 10 top S.A. cities. With a retro 60s vibe, the album pays homage to the Beatles with its sing-along lyrics and references to the counterculture generation.

It makes sense that all of the musicians—lead guitarist Keith Smith, drummer Led Chase, singer Paul Murphy, and bassist/guitarist Sly Simmons—are all from Liverpool, England. Clearly, the band members were influenced by John, Paul, Ringo, and George. While three of the members are new to the rock scene, Sly Simmons previously performed with rock phenom Brown Day.

Few debut albums (or groups) have been met with such a warm reception. The first six months of the group’s year-long U.S. tour are already sold out, and on the heels of praise from Rolling Stone magazine, Vanity Fair is doing a one-page feature on the band next month.

For more information, promo requests, or to arrange an interview, contact:

Dylan Winehouse (email), (mobile), (web address)

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui