fbpx
Inspirasie Veelvoud se enkelsnit WOORDE IN MY DAGBOEK praat met jou Siel…

Inspirasie Veelvoud se enkelsnit WOORDE IN MY DAGBOEK praat met jou Siel…

Inspirasie Veelvoud se nuutste enkelsnit en video WOORDE IN MY DAGBOEK was 21 Oktober 2022 vrygestel op alle aanlyn musiek platvorms. Die nuwe liedjie is geskryf in ‘n “Folk” genre in die vorm van ‘n ballade.

WOORDE IN MY DAGBOEK sal aanklank vind by alle Afrikaanse musiekliefhebbers en individuele wat hulle gedagtes in ‘n dagboek inskryf, geskryf het, of selfs weet van iemand wat dit doen. Die boodskap wat deurgee is ‘n persoonlike een.

Dit beklemtoon redes en inspirasies wat bydra hoekom iemand in ‘n persoonlike dagboek sal skryf. “In hierdie geval vir my was dit die pragtige Karoo, op die plaas genaamd Bloemhof.”

Inspirasie Veelvoud bestaan uit die talentvolle Nico van Vuuren wat sy eie lirieke skryf en sing. Hy speel ook kitaar. Die derde enkelsnit van Inspirasie Veelvoud is reeds opgeneem en finale produksie is voltooi, met ʼn vierde enkelsnit wat tans besig is om afgerond te word. Inspirasie Veelvoud beoog om goeie, oorspronklike Afrikaanse musiek vry te stel aan almal wat lief en trots is op Afrikaans.

Nico verklap dat die 2 nuwe enkelsnitte vroeg in 2023 vrygestel gaan word en waarkskynlik ook met ‘n musiek video gepaard sal gaan.

WOORDE IN MY DAGBOEK se musiekvideo gee ʼn warm, intieme gevoel en is geskiet in Heidelberg by L’Abondant Vinge Stone Cottages.

Kyk die video hier

Die nuwe lied word tans al op verskeie Afrikaanse Radiostasies bloodgestel wat insluit Lekker FM, Bosveld Stereo en nog meer, en het ook Spotify se “Nuwe Afrikaans” speellys bereik. Die lied is geskryf en opgevoer deur Nico van Vuuren van Inspirasie Veelvoud en was opgeneem deur Andre Amant van Montana Studios in PTA.