fbpx
Leer ken vir Mighael en Muller en hou die twee dop

Leer ken vir Mighael en Muller en hou die twee dop

Baie van julle sal hulle ken as die grapmakers van die Facebookblad – PunKop, maar Mighael van der Walt en Muller Brandt loop al ’n ver pad in die musiekwêreld.

Beide het reeds vanaf ’n vroeë ouderdom met musiek kennisgemaak en deur die jare heen hard gewerk om hul talente te verbeter.

Alhoewel Mighael en Muller elk hul eie solomusiekloopbane het, tree die twee reeds vir die afgelope vier jaar saam op.

Die twee musikante se paaie het gekruis in wat baie sou noem “blote toeval”. 

Ek en Muller het eintlik eendag by die kerk ontmoet. Daar het ’n kitaar in die hoek van die vertrek gestaan en beide van ons het terselfdertyd op die instrument afgestuur

In stede daarvan om beurte te maak het ons sommer saam op een kitaar begin tokkel. Dit het gelei tot groot vermaak van die toeskouers.

“Net daar en dan het ons besef dat ons moet begin saam optree,” vertel Mighael.

Hul musiek het sterk invloede van rock, folk en country maar kry dit steeds reg om unieke elemente na die tafel te bring.

Dié twee skrywers is onlangs genader deur Maroela Media om ’n oorspronklike temalied vir ’n radiovervolgverhaal te skryf.  PLATTELANDERS is gebore en skep die perfekte milieu van ’n plattelandse dorpie met lekker ligte ritmes en lirieke is dit sommer ’n goedvoelliedjie. Hul hoop om vorentoe aan nog projekte saam te werk.

https://open.spotify.com/track/5KtHVXsDUWf4GuIC76cihL?si=ta9qrZFsQWOnJiXJ1ipNcQ

As jy die twee musikante vra oor hul musiekinvloede kom name soos Johnny Cash, Ben Platt, Kris Kristofferson en Roan Ash dadelik op. 

Tussen die twee van hulle bespeel hul ’n hele rits instrumente: kitaar, dromme, elektriese kitaar, baskitaar, klavier en die mondfluitjie. “Die instrument wat ons seker die beste kan bespeel is die CD – ons is nogal goed daarmee,” skerts Mighael.

Tydens hul vertoning by Centurion Teater het hul gewys dat hul vriendskap sekerlik een van dié sterkste invloede op hul klank is. Elke lied wat opgevoer is, is met oorgawe en rou eerlikheid gedoen – geen aansitterigheid of foefies nie.

As jy iemand is wat van storievertelling en opgewekte musiek hou – kan jy gerus op die uitkyk wees vir hul volgende optrede.

Buiten vir hul sang en ritmekitaar het Muller verras met sy kitaarvernuf en hoë note terwyl Mighael die gehoor vermaak het met sy mondfluitjiespel en oorspronklike komposisies.

Al sing jy vir vyf mense, sing asof daar 10 000 in die gehoor sit,” is hul raad aan jong, opkomende kunstenaars.

Die duo is beskikbaar vir optredes by troues en korporatiewe funksies en kan bespreek word by: [email protected].

SOSIALE MEDIA:

Mighael van der Walt: Facebook, Instagram

Muller Brandt: Facebook, Instagram

www.npelvanmy.co.za