fbpx
Martin Bester vra: “Wees net anders”

Martin Bester vra: “Wees net anders”

Die immergewilde Martin Bester het diep in Afrikaanse musiekliefhebbers se harte gekruip en het pas sy splinternuwe enkelsnit, ANDERS, vrygestel. In dié liedjie spreek hy die uniekheid van anders wees aan – en dat mense mekaar moet aanvaar. ANDERS dra ’n onderliggende boodskap aan boelies, wat so deel is van vandag se samelewing, oor vertel Martin Bester dat hyself ook nie soos enige iemand anders klink nie – en dat dít juis is hoe hy daarvan hou.

Martin Bester Anders Omslag

“Met elke liedjie wat ek vrystel probeer ek om so bietjie die grense te verskuif en iets anders as die normale te doen,” het hy verduidelik.

“Ek is mal daaroor om met mense te werk wat my inspireer om iets anders te doen en sodoende my eie verwysingsraamwerk te verbreed,” het hy vertel.

Hy voeg laggende by dat diegene wat nié by Anders gaan aanklank vind nie, dalk nie anders genoeg is nie.

“Ek wil hê my musiek moet so anders wees soos wat ons as mens is, en ek glo ons het met Anders daarin geslaag,” het hy vertel.

Bester het as radio-omroeper bekendheid verwerf maar het vinnig in musiekliefhebbers se harte geklim. In die Afrikaanse mark was sy solo debuut album vrystelling, Vir Die Eerste Keer, gevolg deur, Vir Die Liefde, en toe later die enkelsnit Konings wat met sy pop-reggae-aanslag orals op dansvloere geniet kon word. Dié liedjie was juis geïnspireer deur die nostalgie van vakansies by die see. Later het hy ook sy enkelsnit, Staan Op, vrygestel.

Bester was ook te sien as televisie-aanbieder op VIA se, Wie’s My Liefie, en rolle vertolk in Pretville, Vrou Soek Boer en Sonskyn Beperk en is ook tans op die kassie te sien in die program, Omgee Engele wat op VIA tv uitsaai.

Bester is ewe bekend in die Engelse mark as sanger van die groep, Kinky Robot, met die treffer Hobie Beach – ’n liedjie wat hy geskryf het oor die strand waar hy in PE grootgeword het.

Anders kan op op alle digitale platforms geniet word. Beskikbaar op Itunes, Spotify, Deezer, Google Play, Youtube.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram