fbpx
Neville D ft Rouchelle Liedemann -VEILIG IN SY HAND

Neville D ft Rouchelle Liedemann -VEILIG IN SY HAND

Neville D en Rouchelle Liedemann het pas hul duet, VEILIG IN SY HAND, op Neville D se verjaarsdag op 29 Junie vrygestel. Dié Dove-toekenningwenner en Grammy genomineerde sanger en skrywer glo dat die enkelsnit hoop gaan bring aan mense. “Ek glo as mense die woorde sing en die woorde verklaar oor hul lewens, sal Christus hulle uit depressie en angs bevry.”

Die lirieke en melodie van die liedjie het Neville D onverwags betrap, enkele oomblikke voordat hy en Rouchelle ’n aanbiddingsessie op regstreekse televisie sou lei. Neville D het voor die klavier gesit en vir Rouchelle nadergeroep om te luister na die paar sinne en wysie wat in sy kop was. “Die liedjie het dadelik met Rouchelle geresoneer, en sy het dit hardop gesing met haar talentvolle stem. Ek het geweet dit is haar liedjie, ek is net bly om steeds deel daarvan te wees,” lag Neville D.

Die sanger en bekende radio- en TV-persoonlikeid, Rouchelle Liedeman, vertel waarom sy van die eerste oomblik af so aangetrokke gevoel het tot die liedjie. “Die rede is eenvoudig dat dit die regte liedjie op die regte tyd en die regte plek is, op hierdie oomblik. Soms voel ons dat ons nie weet hoe om iets aan te pak of die krag het waartoe ons geroep is nie, maar deur Christus het ons die krag. Niemand kan ons uit die veilige hande van God trek nie.”

Neville D was aanvanklik baie verdeeld oor die vier lyne waaruit die lirieke bestaan, maar het besluit om te volstaan daarby. Hy het gevoel dat God slegs dié vier lyne wil gebruik in die betrokke enkelsnit. “Die vier lyne van die liedjie is maklik om te onthou en dit is wat mense nodig het om te weet … jy is veilig in sy Hand.”

Die amptelike musiekvideo en enkelsnit is albei vrygestel op 29 Junie en is tans beskikbaar op alle digitale platforms. VEILIG IN SY HAND is geskryf vir mense wat benoud, angstig en twyfelagtig voel. “Onthou, jy voel slegs bang omdat jy dink dat jy nie sterk genoeg is nie. God wat saam met my was deur al my hoogte- en laagtepunte, is ook God wat nou saam met jou is. As jy vandag hierdie woorde lees, of na die liedjie luister, beteken dit dat jy deur uitdagings is en dit gemaak het tot hier. Ja! Jy het dit gemaak.”

Gewoonlik is daar ’n storie, dan ontwikkel die lirieke en volg die liedjie daarop. Neville D het God dus gevra waarom hy daardie lirieke geskryf het, want hy besef dit moes al vir ‘n tydjie in sy onderbewussyn gebroei het. “God het my gewys waardeur ek al is. Al die moeilike tye en uitdagings soos die dag toe ek selfmoord wou pleeg. Die dag toe ek my vermoë betwyfel het om ’n goeie man en pa te wees. Die dag toe ek my keuse geneem het om my beroep as kunstenaar te volg, en ook die dae wat ek getwyfel het aan my identiteit. Veral nou gedurende die pandemie het ek gewonder of ek finansieel deur die tydperk gaan kom en steeds vir my gesin kan sorg? God het my gewys dat ek nou hier is. HIER is ’n bestemming, ek het dit gemaak tot hier. Ek was nog altyd veilig in sy hande en ek is sterker as wat ek dink, omdat Hy by my is.

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Instagram
Facebook
YouTube