fbpx
Pieter Marcato stel musiekvideo vry van EK ONTHOU JOU.

Pieter Marcato stel musiekvideo vry van EK ONTHOU JOU.

Talentvolle musikant, Pieter Marcato, het onlangs sy enkelsnit, EK ONTHOU JOU, vrygestel en nou volg ‘n pragtige musiekvideo.

Die liedjie vertel die storie van wanneer ‘n paartjie opbreek en probeer om aan te beweeg. Dis nie maklik nie, omdat hulle mekaar steeds sien by plekke in die dorpie waar hulle woon en boonop het hulle gemeenskaplike vriende, vertel Pieter.

Reinhard en Melissa Smit van Pioneer Productions het die musiekvideo vervaardig nadat Melissa met die konsep/idee vorendag gekom het. Die storie handel oor ‘n paartjie wie se verhouding verby is, en hoe hulle terugdink aan al die herinneringe,” sê Pieter.

Die video is by ‘n woning in Centurion Golf Estate geskiet en die twee akteurs in die video is Marissa van Staden en die akteur, Neil Sharim (Bakgat-faam).

“Dit is vir my ‘n groot voorreg om in Pieter se video te wees. Ek en Pieter kom al ‘n lang pad en ek geniet sy musiek. Hy is baie talentvol en ek wens hom net die beste toe ,” vertel Neil.

Die musikante in die video is Jonny Late (elektriese kitaar), Len Botha (baskitaar) en Marguerite Swart (dromme).

SOSIALE MEDIA SKAKELS
Facebook, Instagram, Twitter

Lees meer:
Pieter Marcato se enkelsnit EK ONTHOU JOU. – Plectrum (plectrummusiek.co.za)