fbpx
Plectrum Top 40 – Week 3

Plectrum Top 40 – Week 3

Hier is die opsomming van die Plectrum Top 40 – Week 3.

Rayne spandeer sy tweede week op No 1 met LAAT DIT REËN, die liedjie is ook verantwoordelik vir 23,5% van alle kyke die afgelope week. Op No 2, behou Bottomless Coffee Band se EK WOU NOG sy posisie van verlede week.

Plectrum Top 40 YouTube Speellys

Een van die nuwe liedjies op die trefferlys is VOLGENDE LEWE van Leevona wat haar debuut maak op No 3. SESDE SINTUIG van Gerduan Kemp behou sy posisie op No 4. VLUGVOETIG van Kaleidoskoop skuif een plek op na No 5.

VELDBRAND van Theo Nel maak sy debuut op No 6 na die liedjie se musiekvideo vrygestel was hierdie week. Johan Anker se SOLDAAT klim drie posisies op vanaf No 10 na No 7. HARTKLOP van Len Muller sak terug vanaf No 5 na No 8. Alida klou vas aan haar No 9 posisie met NOG ‘N KANS. Die Top 10 word voltooi deur Deon Meiring se GRENSBEWONER wat weer die trefferlys betree op No 10, dit na die liedjie se musiekvideo vrygestel is verlede week.

Liedjies wat weer verskyn sluit in, HIER IN MY HART van JP White op No 32 en HOU JOU HANDE VAN MY LYF AF(Mega Mix 2021) van Irene-Louise van Wyk op No 34.

Die nuwe liedjies op die Top 40 sluit in:

  • HARD HARD KUIER van GnT (feat. Shaun Tait) op No 17.
  • IN DIE VLEI van Reggie Peace op No 33.
  • O HOLY NIGHT van Tobi Jooste op No 37.
  • WENTELBAAN van Legkaart op No 39.

Interessante statistieke vir hierdie week:

  • ‘n Totaal van 132 liedjies het hierdie week gekompeteer vir ‘n plek in die Top 40.
  • Al 132 liedjies het ‘n gekombineerde kyke van 911 290.
  • Die totale nuwe kyke van die 132 liedjies hierdie week was 25 946 waarvan 23 595 behoort aan die liedjies in die Top 40.

Die Plectrum Top 40 word saamgestel deur Reputasie vir Plectrum.

LEES MEER

Plectrum Top 40 – Week 2

Plectrum Top 40 – Week 1