fbpx
LIEFSTE DROMER deur Lize-Marie Naudé

LIEFSTE DROMER deur Lize-Marie Naudé

Lize-Marie Liefste Dromer

LIEFSTE DROMER is geskryf deur Lize-Marie en Dawie Bornman en moedig jong verliefdes aan om vir mekaar te kan sê: “Maar ons is goed vir mekaar.” 

Die vrese vir seerkry en onkunde oor die liefde is die kerntemas wat Lize-Marie Naudé se nuutste enkelsnit aanspreek.

LIEFSTE DROMER is vervaardig deur Rian Swanepoel van Protrax studio. Die lied se tema word ondersteun deur strelende kitaarspel wat van die eerste noot af dadelik jou aandag trek.

Die vrese vir seerkry en onkunde oor die liefde is die kerntemas wat Lize-Marie Naudé se nuutste enkelsnit aanspreek. LIEFSTE DROMER is geskryf deur Lize-Marie en Dawie Bornman en moedig jong verliefdes aan om vir mekaar te kan sê: “Maar ons is goed vir mekaar.” 

Lize-Marie het vanuit haar eie ervarings besef dat liefde wat nie oorgaan tot dade nie slegs ’n droom bly en vandaar begin werk aan haar lied.

LIEFSTE DROMER is die derde enkelsnit wat sy by ’n kleurryke lys van oorspronklike liedere voeg. In 2019 het sy LIGHUIS vrygestel wat goed op radiostasies en in die media ontvang en geniet is. Vroeg in 2020 stel Lize-Marie DAGBREEK vry en bewys sy dat sy hier is om te bly, en gereed is om in Suid-Afrikaners se harte in te kruip.

LIEFSTE DROMER is vervaardig deur Rian Swanepoel van Protrax studio. Die lied se tema word ondersteun deur strelende kitaarspel wat van die eerste noot af dadelik jou aandag trek.

Lize-Marié – LIEFSTE DROMER

Vir Lize-Marie is drome niks nuut nie. Sy werk elke dag hard daaraan om haar en haar kinders se drome te verwesenlik. Buiten vir haar sangloopbaan is Lize-Marie gedurende die dag ’n voltydse onderwyser met Afrikaans en Wiskunde as hoofvakke. 

Nauurs bestuur sy haar besigheid Virtuoso waar sy haar kennis oor musiek en drama met aspirantkunstenaars deel.

Sy beplan om in 2021 op verdere studies te fokus en hoop om eendag as ’n filmregisseur te werk.

Lize-Marie se liefde vir haar taal is opvallend wanneer jy na haar lirieke luister. Elke versreël is met moeite en deernis gekies, gebeitel en verfyn. Haar musiekhelde sluit Nadine en Laurika Rauch in juis oor hoe hul liedere met Afrikaans omgaan.

Sy beoog om nog een enkelsnit vry te stel waarna sy haar hulpbronne wil aanwend om ’n volle album vir haar aanhangers uit te bring.

As dit nie vir musiek was nie, het Lize-Marie heel waarskynlik ’n loopbaan as fisioterapeut of biokinetikus gekies, enigiets waarin sy mense kon help om hulself te verbeter.

Lize-Marie se musiek sal nog vir lank nie uitgedoof word nie. Met haar eerlike, opregte en verfynde musiek en lirieke sal sy aanhou om aanhangers van alle ouderdomme en agtergronde nader te trek.

SOSIALEMEDIA

Facebook, Instagram

BESPREKINGS

Epos: [email protected]

Tel: 083 630 3442