fbpx
Plectrum Top 40 – Week 4

Plectrum Top 40 – Week 4

Die Plectrum Top 40 is SA se grootste trefferparade eksklusief vir onafhanklike kunstenaars. Ons sit jou ore aan.

Sommer vroeg in die kort geskiedenis van die Plectrum Top 40 word die rekords opgestel deur Rayne was sy derde week op No 1 spandeer met LAAT DIT REËN. Theo Nel was verlede week sy debuut op die trefferlys gemaak met VELDBRAND op No 6, klim al die pad na No 2.  Gerduan Kemp se SESDE SINTUIG bereik sy hoogste posisie nog op die Top 40 op No 3.

Plectrum Top 40

VLUGVOETIG van Kaleidoskoop klim een posisie op na No 4 vanaf No 5 verlede week. Verlede week se No 3, VOLGENDE LEWE van Leevona sak terug na No 5. Johan Anker se SOLDAAT, wat die enigste ander liedjie is wat al No 1 op die Top 40 getref het, is die week op No 6.  

HARTKLOP van Len Muller is die week No 7. EK WOU NOG van Bottomless Coffee Band sak terug vanaf No 2 verlede week na No 8 hierdie week. Alida se NOG ‘N KANS gee haar definitief nog ‘n kans op No 9, die liedjie is al 3 weke gestasioneer op hierdie posisie, definitief ‘n ongewone verskynsel op die trefferlys.

Liedjies wat weer verskyn op die Top 40 sluit in, KWAAI van Lil Jayy op No 29, WAAR WAS JY? van Angelique Greffrath op No 38 en Asseblief van Vernon Barnard op No 39.

Nuwe liedjies op die Plectrum Top 40 Week 4 sluit in TRANSCEND van Sincerely Anne op No 28 en OU VLAM van Heuning op No 40.

Interessante statistieke van die Plectrum Top 40 Week 4:

  • ‘n Totaal van 132 liedjies het hierdie week gekompeteer vir ‘n plek in die Top 40.
  • Al 132 liedjies het ‘n gekombineerde kyke van 928 064.
  • Die totale nuwe kyke van die 132 liedjies hierdie week was 20 116 waarvan 17 968 behoort aan die liedjies in die Top 40.

Die Plectrum Top 40 word saamgestel deur Reputasie vir Plectrum.

Plectrum Top 40 Week 4

LEES MEER

Plectrum Top 40 – Week 3

Plectrum Top 40 – Week 2

Plectrum Top 40 – Week 1