fbpx
UNFOLD, Armand Joubert sing oor sy emosionele groei

UNFOLD, Armand Joubert sing oor sy emosionele groei

Armand Joubert skop die jaar af met sy splinternuwe enkelsnit UNFOLD. 

Die lied is vervaardig deur die bekroonde vervaardiger en liedjieskrywer SLOANI.  Armand daag sy grense uit en betree die R&B arena met `n vars klank en nuwe voorkoms.

UNFOLD kommunikeer die seer wat mens ervaar wanneer jy jouself in `n oneerlike verhouding, romanties of vriendskaplik, bevind.

Armand Joubert skop die jaar af met sy splinternuwe enkelsnit UNFOLD.  Die lied is vervaardig deur die bekroonde vervaardiger en liedjieskrywer SLOANI.  Armand daag sy grense uit en betree die R&B arena met `n vars klank en nuwe voorkoms.

UNFOLD kommunikeer die seer wat mens ervaar wanneer jy jouself in `n oneerlike verhouding, romanties of vriendskaplik, bevind. “Ek het al die emosionele prys hiervoor betaal, soms vermom die duiwel homself met `n mooi voorkoms.  Die grootste seer kom van mense waarin jy die meeste vertroue plaas.”, verduidelik die sanger.

Armand wat groot naam gemaak het met die gewilde TV reeks, The Voice se stem ondersteun die R&B genre bitter goed.  Met sy 5 oktaafomvang kan hy emosie op baie maniere weergee wat die luisteraar vir lank geïntereseerd hou.

Die enkelsnit is ook die voorloper vir sy nuwe kortspeler LEFT WITH A BROKEN HEART wat binnekort die lig gaan sien.  Hierdie versameling werk is gebore vanuit sy worstelinge en hartseer en hy is nou gereed om daardie deel van sy lewe met sy aanhangers te deel.

Alhoewel meeste van sy werk `n ryke R&B klank aanneem is UNFOLD die lied wat uitstaan deur sy meer disko klank.

Armand verduidelik dat die meeste van sy nuwe werk grootendeels inspirasie trek van musikante uit die 90’s.  Die lys sluit in: Babyface, Toni Braxton, Michael Jackson, Brandy en Mariah Carey.

Armand se musiek kan reeds op talle radiostasies gehoor word en hy spog met uitblinkers op talle trefferparades.  Sy vermoë om homself elke keer te hervestig vir seker sy relevansie in die mark.

“Trust, you gut!” – dis sy advise met hierdie vrystelling.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram, YouTube

LEES MEER

Nic Billington en Armand Joubert stel onverwagse enkelsnit vry.

Armand Joubert (AJ) verras met nuwe enkelsnit ‘Burning Fire’

AriSquad, luister – AJ se album is amper hier!

AJ – ’n Kunstenaar gebore vir die internasionale mark