fbpx
WAAR WAS JY?, vra Angelique

WAAR WAS JY?, vra Angelique

Angelique-Greffrath-Waar-was-jy

Angelique Greffrath se nuutste enkelsnit, WAAR WAS JY? is pas uitgereik en word baie goed deur plaaslike radiostasies ontvang.

Dié liedjie is ‘n opvolg van WYE WÊRELD wat verlore liefde, ‘n stukkende hart en dan ook die gevolglike vrede en aanvaarding dat die verhouding verby is, tot op die been oopgekloof het.

In die koorgedeelte van WAAR WAS JY?  vra sy dus ook: waar was jy toe die liefde en lewe uit jou oë verdwyn het… toe ek jou nie kon kry? “

Elke nou en dan verskyn daar ‘n sangeres op die musiekhorison wat jou laat regop sit, na jou asem laat snak en jou dwing om tot stilstand te kom en te luister – regtig té luister.

Die Johannesburgse liedjieskrywer en sangeres Angelique Greffrath, wat verlede jaar Augustus met ‘n enkelsnit WYE WÊRELD, gedebuteer het, is een van dáárdie sangeres wat ‘n mens nie kan ignoreer nie. Haar stem is Bonny Tyler-hees, en haar lirieke het genoeg vlees om die lyf om dit nie te reduseer tot borrelgommusiek nie.

Haar nuutste enkelsnit, WAAR WAS JY? is pas uitgereik en word baie goed deur plaaslike radiostasies ontvang. Dié liedjie is ‘n opvolg van WYE WÊRELD wat verlore liefde, ‘n stukkende hart en dan ook die gevolglike vrede en aanvaarding dat die verhouding verby is, tot op die been oopgekloof het.

Met WAAR WAS JY? het Angelique weer bewys dat rou emosie nie net tot die rock- of alternatiewe mark beperk hoef te word nie – die liedjie is die voltooing van ‘n siklus; die gebroke hart, die vrae en dan die (uiteindelike) besef dat dáárdie liefde nie so rein en langdurig was soos jy graag sou wou glo nie.

Angelique, wat deel was van die rockgroep, Tradisie Masjien, het die liedjie sestien jaar gelede, in samerwerking met Johan Meyer, die groep se voormalige kitaarspeler en agtergrondsanger geskryf.  Hulle het dit kort na WYE WÊRELD neerge-ink is geskryf.

Angelique verduidelik dat WYE WÊRELD ‘n gebroke hart en die emosies wat daarmee gepaard gaan goed omskryf het. “Die tweede fase in die liefdesteleurstellingsiklus fokus op die vrae waarop daar geen antwoorde is nie. “

In die koorgedeelte van WAAR WAS JY?  vra sy dus ook: waar was jy toe die liefde en lewe uit jou oë verdwyn het… toe ek jou nie kon kry? “

“Die herinneringe wat in jou gedagtes afgespeel het, word twyfelende vrae. ‘n Mens begin wonder of daar ooit goeie tye in die verhouding was,” vertel sy.

Angelique se hart het reeds lankal genees,  maar sy put steeds inspirasie uit verhoudings uit die verlede.  “Ek het dié liedjie in November verlede jaar weer afgestof en nuwe lewe daarin geblaas,” sê Angelique.

Angelique het, nadat sy Tradisie Masjien verlaat het, aan verskeie sang- en talentkompetisies deelgeneem, maar het vir ‘n wyle haar sangloopbaan op sy geskuif om op ma-wees en die sakewêreld te fokus. Sy is egter nie onbekend in die vermaakwêreld nie.  Dié mooi blondekop was net n jaar oud toe sy haar televisiedebuut gemaak het. “Ek het in ‘n Steri-Nappi-advertensie verskyn,” vertel sy. Die baba was net té oulik vir woorde en dit was nie lank nie of sy het in nog ‘n paar televisie- en tydskrifadvertensies verskyn.  

 “My passie vir musiek het deur die jare net sterker geword, en dit is my hartsbegeerte om vir musiekliefhebbers te wys waartoe ek (en my stem) in staat is.”

Die vrystelling van WAAR WAS JY? kon nie op ‘n beter tyd in haar lewe gebeur het nie. Die liedjie kan met die nou gestorwe Chocolate Log Bar vergelyk word. Daar is die eerste happie sjokolade wat op jou tong smelt, dan die malvalekker wat met die sjokolade meng en dan die laaste happie sjokolade. Soet-salig op die tong en op die gemoed. 

Dit het wel vir Angelique sestien jaar geneem om weer haar stem in die musiekbedryf te laat hoor, maar elke oomblik se gewag was die moeite werd.  “Daar is gelukkig nie ‘n vervaldatum op drome nie,” knipoog sy.   

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram

LEES MEER

Angelique – Wye Wêreld