fbpx
Sal die liefde ooit gebeur of DALK NOOIT?  ‘n Ballade deur Frikkie van Biljon

Sal die liefde ooit gebeur of DALK NOOIT? ‘n Ballade deur Frikkie van Biljon

Frikkie van Biljon se nuutste enkelsnit, DALK NOOIT is vandag op radiostasies en alle digitale platforms vrygestel. Liedere van hierdie kunstenaar het al naam gemaak op verskeie radiostasies en sluit in: JOU WÊRELD, HOFNAR, ELKE STUKKIE KAAP en nou DALK NOOIT.

Sedert hy twee jaar gelede sy debuut gemaak het in die musiekbedryf, bly hy verras met elke enkelsnit. Sy nuutste is geen uitsondering nie. Die treffende lied roer die hartsnare oor ongesproke woorde en verlore liefde wat “dalk nooit” sal uitwerk nie.

DALK NOOIT is ‘n ballade oor die liefde. Die taal van liefde is universeel, maar soms raak die betekenis daarvan weg in die vertaling van mens tot mens.

Frikkie, wat ook die musiek gekomponeer het op die lirieke deur Jan Albert Short, benader die liefde met moed, maar ook twyfel. ‘n Lied wat beslis vinnig ‘n groot treffer gaan word, want elkeen van ons was al in die posisie waar ons vrae oor die liefde gevra het. Sal dit ooit gebeur? Dalk of dalk nooit?

Die treffende musiekvideo vir DALK NOOIT vertel die storie van hoe ‘n verhouding op niks kan uitloop indien jy dit nie najaag en laat gebeur nie. Dit is vervaardig deur Wintel Trail Pictures en is reeds te sien op YouTube.

Frikkie se musiek, insluitende sy nuwe vrystelling, is beskikbaar op alle digitale platforms (Spotify, YouTube Music, Apple Music …)

Frikkie kom nou al ‘n lang pad na sy eerste optrede as ‘n vyfjarige seun toe hy al begin het om die wereld aan die brand te sing. Hy het verskeie sangkompetisies met lof gewen en het onder meer ‘n eretoekenning van die ATKV ontvang vir die bevordering van Afrikaans deur sang.

Op hoërskool het hy opgetree by ATKV funksies en voorvertonings gedoen vir groot kunstenaars soos Jannie du Toit, Christa Steyn, Rina Hugo, Steve Hofmeyr en vele meer.

Na ‘n lang tydperk weg van die kunstewêreld, besluit hy in 2017 om weereens sy droom na te streef. Hy begin weer met sangopleiding en in Julie 2017 reik hy sy eerste enkelsnit uit (ALTYD BY MY) wat hy geskryf het in samewerking met Jan Albert Short.

Met sy erste solovertoning verlede jaar November, “Dis wie ek is”, maak hy groot opspraak in die musiekbedryf. Hy bespeel ook verskeie musiekinstrumente, waarvan die klavier sy hoofinstrument is. Hierdie rekenaarporgrammeerder en pa van vier kinders droom groot!

Volg vir Frikkie op Sosiale Media: 

Facebook, Instagram, SoundCloud, Twitter 

BESPREKINGS
[email protected]

PUBLISITEIT EN BEMARKING:

Lydia Winchester
Epos: [email protected]

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui