fbpx
SAL JY JA Sê – JP White en suster Lollie stel liefdesduet vry

SAL JY JA Sê – JP White en suster Lollie stel liefdesduet vry

JP en Lollie White is beide super trots om aan te kondig dat hulle nuwe enkelsnit SAL JY JA Sê
gereed is om Afrikaanse musiekliefhebbers se harte te verower. Dit is verseker nie net ‘n sterk pop melodie nie, die titel verklap met die eerste oogopslag dat dit ‘n liefdesliedjie is. Een wat spreek met diegene wat besig is met ’n plan: ’n Plan om die JA-woord te vra.

Die Springs-sanger JP White het die afgelope paar jaar sy plek in Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers se harte losgesing. Deesdae bekoor hy gehore regoor die land met sy gewilde en energieke optrede styl.
JP se vorige enkelsnitte HIER IN MY HART asook sy mees onlangste snit ONBEPLAN is goed
deur plaaslike, internationale radiostasies en die publiek ontvang. Hiermee saam het JP reeds
homself as ‘n Afrikaanse popsanger kom vestig.

Met SAL JY JA Sê skroom hy en suster Lollie gladnie om met die beste duo’s in die pop genre
musiekwêreld mee te ding nie. JP se opgewasse maar tog kinderlike en liefdevolle persoonlikheid oorheers sy verhoog persoonlikheid. Daarmee saam bring hy ’n egtheid aan die woord POPSTER, wat jonk en oud aan sy lippe laat hang.

Gooi dit saam sy suster Lollie se warm klanke; en jy ontvang die perfekte pasmaat vir SAL JY JA Sê.
JP noem dat SAL JY JA Sê nie sy gewone musiekstyl beskryf nie, maar wel iets nuuts is wat hy
en sy suster saam probeer het.

Hulle beide glo en vertrou dat die luisteraars dit net soveel sal geniet soos hulle doen.
SAL JY JA Sê is opgewek, deurdink in liriek, sprokiesmooi en ‘n ware liefdesliedjie met ‘n twist.

As hulle die lied moet opsom kom woorde soos verlief, lekker, sokkie onder die maanlig by hulle
op. Dit bied aan enigiemand wat hierna luister ‘n gedagte van die oomblik wat hulle self die
‘Ja-woord’ wil vra. So ook vir diegene wat kan terugdink aan hulle eie ervaring.

SAL JY JA Sê is geskryf en verwerk is deur die befaamde liedjieskrywer en verwerker Vincent
Gordon. Dit is ‘n liefdesverhaal popliedjie wat alles saamvang wat ons eintlik beplan om vir die een
waarvoor ons lief is te sê.

Die koorgedeeldte neem dit so mooi saam: “sal jy ja sê as ek jou vra, om te dans onder die
volmaan, sal jy ja sê as ek jou vra, om myne te wees, net myne te wees”.

JP vertel dat hy dadelik geweet het hy die liedjie moet aanpak met beide hande die dag toe hy dit vir die eerste keer in studio hoor het. Hy besluit toe om dit vir sy suster te speel waarna hulle saam
‘n unieke skryfstuk tot sy eie reg gebring het.

Dit was nog altyd hulle droom om ‘n duet saam op te neem, en die liedjie het hulle onverwags
soos ’n handskoen gepas. Lollie behartig reeds die agtergrond stemme op vele van JP se liedjies wat die lig gesien het en sukses behaal het.

JP en Lollie se grootste wens is dat die liefde van SAL JY JA Sê almal se harte sal aanraak en
hartsnare sal roer wanneer hulle hierna luister.

SOSIALE MEDIASKAKELS:
Facebook, Instagram, Twitter