fbpx
Van West is VUUR EN VLAM met sy debuut enkelsnit

Van West is VUUR EN VLAM met sy debuut enkelsnit

Met Van West se heel eerste enkelsnit, VUUR EN VLAM, skop hy af met ‘n jolige treffer. Jy kan verseker wees van ‘n plesierige kuier met die vrolike enkelsnit wat speel in die agtergrond.

Van West is ook bekend as die “Ouboet” van die musikale West familie. Hy is ook ‘n Suid Afrikaanse musikant, liedjie skrywer en jong gedrewe sakeman. Hy is afkomstig van die klein dorpie Swartruggens, Noord Wes Provinsie, en woon tans in Johannesburg. 

Van West met sy karaktervolle stem is bekend daarvoor om met die vlambare liedjies wat hy skryf, ‘n verskil te maak, deur grens verskuiwende musiekproduksies in die afrikaanse pop-rock musiek genre.

Van jongs af droom Van West om eendag voltyds musiek te maak aangesien dit sy passie is. Maar dit het tyd gevat om dit ‘n werklikheid te kon maak. Hy verstaan vandag eers dat die Here ‘n groter plan ingedagte gehad het en hom eers moes voorberei.

Vir die laaste 10 jaar van sy lewe het hy ‘n pad gestap, waar sy kennis van die besigheidswêreld gegroei het en sy sake vermoëns en vaardighede ontwikkel het. Soveel so dat hy vandag ‘n groter verskil kan maak in die mense se lewens met wie hy ‘n pad stap.

Hy het ‘n droom om hulle ook te bemagtig, om hul eie drome, ook te kan uitleef. “Ek is geseënd om uiteindelik in 2021 my voltydse musiek loopbaan te kon begin. En hier is ons nou, een jaar verder, en als het uiteindelik afgeskop! ‘Van West’ is nie net een man nie, ek wil graag terugsaai in almal se lewens wat saam met my die pad stap, en hulle ook help om hulle begeertes te bereik.” – verduidelik West.

Hy glo in betekenisvolle musiek en maak seker om deur sy skryfstyl sterk boodskappe oor te dra, wat gebaseer is op onderwerpe soos, vergifnis en geloof, asook sy gunsteling, liefde en hoop. “As ek kon het ek albums en albums vol geskryf alleenlik oor liefde, omdat dit so mooi is, maar ons lewe in ‘n wêreld waar ware liefde skaars is asgevolg van die tekort aan vergifnis, geloof en hoop” – so verduidelik Van West.

Hy geniet dit om homself in die Afrikaanse musiek bedryf uit te leef en sien dit as ‘n opwindende uitdaging om deur musiekproduksie, liedjies so te bou dat almal daarvan kan hou. Insluitend die ervaringsryke ouer garde tot die moderne jong mens.

Hy noem ook dat uit sy opkomende album en huidige projek daar ‘n lied sal wees vir elke Afrikaner, oud en jonk, om betekenis by te vind en te kan geniet. Een ding is duidelik, hierdie man het ‘n visie gepaard met dryf, omdat hy weet waar sy krag vandaan kom.

SOSIALE MEDIA:

Facebook