BETTER FOR ME – Armand Joubert ft. Sloani

BETTER FOR ME – Armand Joubert ft. Sloani

Armand Joubert is terug met ‘n splinternuwe aanslag met sy vrystelling van die lied BETTER FOR ME en hierdie keer sleep hy vir Sloani in.

BETTER FOR ME is Armand Joubert se 6de enkelsnit wat ‘n nommer 1 posisie kon behaal op Jacaranda FM se TOP 20.

Met die vrystelling van die ROCK weergawe van BETTER FOR ME is blyk dit duidelik waarom so baie mense sy talent met die van Adam Lambert vergelyk. Met hierdie weergawe plaas Armand alles op die tafel vir die luisteraar.

“Ek wil daardie mense wat nie van Armand hou nie verlief maak op Armand. Ek wou vir die publiek iets anders gee om oor te praat.” verduidelik Joubert oor die vrystelling.

Armand wat grootgeword het met ROCK musiek loof sy vervaardiger en vriend Sloani wat met die idee vorendag gekom het. “Toe hy my die eerste keer hiervan vertel het ek begin lag en toe besef, ‘Kom ons wys hulle hoe ROCK gesing moet word.'”, verduidelik Armand. “Sloani het ongelooflike talent wanneer dit by musiekvervaardiging kom, danksy hom is ons nou waar ons is. Dankie Sloani!”

Sloani het musiek vervaardig vir ander groot kunstenaars wat insluit: Connell Cruise, Hanco, Zinah en talle meer.

Joubert het groot naam vir homself gemaak met sy deelname aan The Voice SA. Met sy 5-oktaaf omvang het hy gou die aandag van Karen Zoid getrek.

Die lied is tans op alle digitale musiekplatforms beskikbaar.

SOSIALE MEDIA

FacebookInstagramYouTube

LEES MEER

Armand Joubert (AJ) verras met nuwe enkelsnit ‘Burning Fire’

Nic Billington en Armand Joubert stel onverwagse enkelsnit vry.

UNFOLD, Armand Joubert sing oor sy emosionele groei