fbpx
Christiaan Baartman – VELLIES OP DIE DANSVLOER

Christiaan Baartman – VELLIES OP DIE DANSVLOER

Na ’n lang en stresvolle week by die werk, is ’n mens soms net lus om oor ’n naweek pret te hê en ’n bietjie saam met jou vriende te gaan dans.

Dit is presies waaroor VELLIES OP DIE DANSVLOER, die musikant en liedjieskrywer Christiaan Baartman se splinternuwe Afrikaanse popsnit gaan.

Hierdie opgewekte verwerking, uit sy eie pen en ateljee (met finale afronding deur Joshua Oosthuizen), is ’n sorgvrye lied wat luisteraars se voete sal laat jeuk om ’n maat te gryp en oor die dansvloer te skoffel.

“Almal van ons was al op ’n Vrydagaand lus om iets lekker te doen en dan eindig jy saam met jou pelle op by die naaste dansplek,” verduidelik Baartman. “Vellies is natuurlik my gunsteling-skoene vir so ’n geleentheid, omdat dit so lekker oor die dansbaan gly.”

VELLIES OP DIE DANSVLOER is dié sanger, wat onlangs die geleentheid gehad het om saam met Keith Urban se orkes ’n verhoog te deel by Tootsies in Nashville, se sestiende enkelsnit in vier jaar en volg in die voetspore van sy jongste vrystelling, Liewe Lawwe Lettie. Die kunstenaar is dankbaar vir die positiewe manier waarop sy musiek deur plaaslike gehore ontvang word en voel bevoorreg om sy passie te kan uitleef.

Dit is daarom ook nie vreemd dat wanneer hy nie studeer nie, hy soveel tyd as moontlik in die ateljee en op die verhoog spandeer nie.

Buiten vir nog ’n Afrikaanse enkelsnit en ’n opwindende nuwe duet, werk hy en Pedro Barbosa ook hard aan ’n Engelse country-nommertjie wat hy graag in Nashville wil vrystel.

Christiaan is al byna vir twee dekades in die musiekbedryf doenig en het sy eerste album in 2008 uitgereik. Oor die jare, het hy baie hoogtepunte bereik waaronder verskeie musiektoekennings, ’n kinderalbum saam met Leon Jonkman; om die finale rondte te bereik op Idols SA in 2006; om vir Smokie te open in 2012; sy optrede by Huisgenoot Skouspel in 2007; en vele meer.

VELLIES OP DIE DANSVLOER is ’n lighartige liedjie wat jou uitnooi om saam te sing en die dansvloer aan die brand te dans.

“Dis ’n lekker skoffellied en ons gaan hom nog lank op die dansvloer en by troues hoor. Dit kan ek julle belowe,” sluit hy af.

Die enkelsnit is beskikbaar op alle digitale platforms. 

Laai dit hier af: https://distrokid.com/hyperfollow/christiaanbaartman/vellies-op-die-dansvloer

LEES MEER HIER

Christiaan Baartman – LIEWE LAWWE LETTIE

DIS JY (Musiekvideo) – Christiaan Baartman

Christiaan Baartman – DIS JY

Christiaan Baartman – AS HY VIR JOU NOG LIEF WAS

Christiaan Baartman – MOENIE WAG TOT DIT TE LAAT IS NIE

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram, YouTube