fbpx
“Iziiit?” – agter die skerms

“Iziiit?” – agter die skerms

Irene-Louise van Wyk se musiekvideo, ‘Iziiit?’ is onlangs opgeneem. Plectrum het agter die skerms gaan inloer en deel graag ʼn paar kiekies van die dag. Aanhangers kan uitsien na die vrystelling van die video wat binnekort beskikbaar gaan wees!

“Iziiit?” is ʼn lekker parmantige liedjie wat haar laat lag en dadelik ʼn in goeie bui sit, vertel Irene-Louise.

Elkeen van ons het al by ʼn braai of ʼn kuierplek te doen gehad met daardie persoon wat almal laat verstaan hoe baie geld hulle het of hoe wonderlik hulle lewe is. Hulle hou net aan en aan met praat, wat die ander in die stilligheid laat dink, “Iziiit?”

Die enkelsnit is geskryf deur Roux Cloete wat die meeste van Irene-Louise se “cheeky, funky” musiek skryf. “Die liedjie is bietjie sarkasties. Ons almal het al so iemand ervaar wat dink hulle is die mooiste, rykste en slimste,” sê sy.

Sy hoop dat die liedjie mense sal herinner daaraan om nie die lewe so ernstig op te neem nie. Haar unieke Popklanke en prettige tong-in-die-kies lirieke is opgewek en sit ‘n glimlag op jou gesig as jy dink aan die persoon wat jou al in die geheim laat “Iziiit?” het …

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui