fbpx
MWAH! soek vir moeilikheid

MWAH! soek vir moeilikheid

Foto: Eben Liebenberg (Photo Elements)

Die meisies van Mwah het ’n sosialemediaveldtog gehardloop waar hulle moeilikheid gesoek het. Dit het ons almal laat wonder. Ons verstaan nou waarna hulle eintlik gesoek het, is baie opgewonde oor hulle nuwe enkelsnit, MOEILIKHEID.

Die duo is bekend vir lekker dansmusiek soos SANDRA PRINSLOO, NUWE BEGIN en MAGNETIES. Met MOEILIKHEID het hulle dit weer gedoen.

Dit is ’n tipiese goedvoel, lekkerluister liedjie,” vertel Loriska, en sy is heeltemal reg. Tydens die staat van inperking is dit presies wat ons almal nodig het, ’n lekker goedvoelliedjie.

Die lirieke “maar ons lê rond soos vrot velle, wat van ’n braai saam ’n paar pelle” is gedagtes wat ons elkeen al gehad het tydens die staat van inperking. Ons gaan almal saam met vriende braai wanneer ons inperking verby is, want as ons dit nou doen, soek ons vir MOEILIKHEID.

Daar is definitief bietjie waarhede in die liedjie vir die situasie waarin ons almal onsself nou bevind, maar dit is ook ’n liedjie wat jou heupe sal laat wil dans.

Ons hoop almal geniet die liedjie en moet eerder nie vir moeilikheid soek tydens die lockdown nie. Ons sien julle na die tyd vir moeilikheid,” vertel Fran-zel met ’n glimlag.

Mwah het ook ’n #moeilikheidchallenge op sosiale media begin, so as jy meer wil weet, gaan besoek gerus hulle Facebook-blad: @mwahgirls.

MOEILIKHEID is beskikbaar op alle digitale platvorms, so maak seker  dit is op jou speellys vir jou volgende kuier.

SOSIALE MEDIA:

Facebook, Instagram

BESPREKINGS

082 438 0182