fbpx
Oscar benoemde Bombshell open Vrydag in plaaslike bioskope!

Oscar benoemde Bombshell open Vrydag in plaaslike bioskope!

BOMBSHELL, die bekroonde, Oscar-benoemde rolprent oor die Fox News-skandaal, begin hierdie Vrydag (24 Januarie 2020) in plaaslike bioskope draai.

Met Suid-Afrika se eie Charlize Theron in een van die hoofrolle, vertel dié sensasionele (wat gebaseer is op regte gebeure) die verhaal van verskeie vroue wat die voormalige hoof en voorsitter van Fox News – Roger Ailes – van seksuele teistering beskuldig.

“Een van die mees aangrypende verhale oor die #MeToo-beweging word eerlik, simpatiek en outentiek vertel, met Charlize Theron wat die komplekse karakter van Megyn Kelly perfek vasvang,” sê Empire Online se Terri White.

Onder leiding van regisseur, Jay Roach, en draaiboekskrywer, Charles Randolph, bied BOMBSHELL ’n insiggewende blik na een van die mees suksesvolle en kontroversiële mediareuse van alle tye. Dit fokus op hoe Ailes se sondes ontbloot word, deur die stories van veral twee vroue te volg – Gretchen Carlson (wat uitsonderlik deur Nicole Kidman vertolk word) en Megyn Kelly (Theron). 

Margot Robbie, wat reeds die Australian Academy of Cinema and Television Arts International-toekenning gewen het vir Beste Aktrise in ’n Ondersteunende Rol, is te sien as Kayla Pospisil 

Beide Theron en Robbie het talle benoemings ontvang vir hulle uitstaande toneelspel in hulle onderskeie rolle, insluitend Oscar-, BAFTA (British Academy of Film and Television Arts) en SAG (Screen Actors Guild)-nominasies, om maar net ’n paar te noem. Die rolprent self, is ook in verskeie kategorieë benoem.

John Lithgow speel die rol van Ailes, teenoor ’n baie sterk vroulike rolverderling, wat ook aktrises soos Connie Britton, Allison Janney, Kate McKinnon, Nazanin Boniadi, Malcolm McDowell, Mark Duplass, Douglas Brunt, en Alice Eve insluit.

Die fliek word versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. en sal by die volgende plaaslike bioskope begin draai op 24 Januarie 2020:

STER-KINEKOR
Bayside, Bedford Square, Blue Route, Brooklyn Nouveau, Cavendish Commercial, Cedar Square, Cresta, Garden Route Mall, Gateway Commercial, Greenstone Mall, Maerua Mall, Manda Hill, Rosebank Nouveau, Shelly Beach, Somerset Mall, The Grove, Tygervalley, V&A Nouveau, Water Crest en Irene.

NU METRO
Ballito, Bedford, Canal Walk, Hyde Park, Menlyn Park, Park View, Pavilion, The Glen en V&A Waterfront.

ONAFHANKLIKE BIOSKOPE
Epic Mall@Reds, Epic Northridge, Grandwest Cine Centre, Killarney Cine Centre, Labia Orange St., Midlands Cine Centre, Movies@Emnotweni, Movie@GoldReef, Movies@Hemmingways, Movies@Monte, @Movies@Silverstar, @Movie@TheRidge, Suncoast Cine Centre en Whale Coast Theatre.

INTERNASIONALE SKAKELS
Facebook, Twitter, Instagram