fbpx
Revelation Enterprises – EK SAL SING

Revelation Enterprises – EK SAL SING

Doxa Deo se aanbiddings- en kunsgroep, Revelation Enterprises (R.E.) bied ‘n voorsmakie van hul debuut Afrikaanse album met die enkelsnit EK SAL SING. Die album is getiteld TOT IN EWIGHEID (Forever) en word gedurende Oktober 2021 vrygestel.

Met 12 oorspronklike liedjies geskryf deur nege van RE se liedjieskrywers en opgeneem deur tien jong en energieke aanbiddingsleiers, beloof hierdie album om ‘n baanbreker te wees binne die konteks van die Afrikaanse gospel- en aanbiddings musiekgenres. TOT IN EWIGHEID bied ook 12 nuwe maniere waarop mense hul liefde vir Christus kan uitdruk. Die album bevat ook werk in samewerking met SAMA en GHOEMA bekroonde kunstenaar, Retief Burger, wat later in die jaar vrygestel sal word.

Die eerste radio-enkelsnit van die album, EK SAL SING, word gelei deur Lean Buys. “Met hierdie liedjie wil ons mense daaraan herinner dat hulle saam met Christus opgewek is tot oorwinning! Ons kan verseker wees dat wanneer die lewe gebeur, ons daaraan herinner word dat God ons ‘n kragtige vermoë gegee het om te sing en oorwinning oor elke lewenssituasie te verklaar. Begin dus sing oor jou huwelik, oor jou besigheid en oor jou verhoudings,” sê Lean.

Die bekroonde Suid-Afrikaanse musiek-vervaardiger Gideon Botes het saam met Martin Bravenboer, RE se musiekdirekteur, gewerk om te verseker dat hierdie album ‘n innoverende en unieke klank lewer soos wat God aan hulle toevertrou het. “Hierdie album resoneer met die openbaring van die evangelie van genade.

Dit inspireer elke persoon om vanuit die troonkamer te aanbid, en bied die versekering dat hy of sy ingesluit is in die liefde van God wat in die voltooide werk van Christus geopenbaar is. Dit bied vars boodskappe aan aanbidders wat hul identiteit in Christus gevind het. Met die opdrag om elke sfeer van die samelewing te beïnvloed vanaf ‘n plek van intimiteit met Hom,” sê Liesl Marx-Davel, kunsdirekteur van Revelation Enterprises.

RE se liedjieskryfspan afkomstig van elke stad in Suid-Afrika hou jaarliks drie tot vier liedjieskryf wegbreek-geleenthede. “Kuns, as een van die invloedsfere, is ingesluit in ons visie om 12 stede te verander in plekke waar God heers! Die Woord waarop ons ons roeping en die rede vir ons bestaan baseer, word gevind in Habakuk 2:14: ‘Soos water die seebodem bedek, so sal die magtige teenwoordeigheid van die Here op die aarde geken word,’” voeg Liesl by.

Die groep hoop dat mense wat na die album luister deur die boodskap geïnspireer sal word om uit te gaan en Sy hande en voete te wees, die pyn te genees, die gebroke te herstel en die verlorenes te bereik deur die krag van die Heilige Gees.

“Ons neem saam as ‘n verenigde gesin eienaarskap van ’n missie om die Koninkryk van God te vestig en ons liefde en aanbidding vir Hom uit te spreek deur die kunste en die media,” sluit Liesl af.

Lede van Revelations Enterprises en die album is: Martin Bravenboer (elektries, akoesties, sang, vervaardiger, MD), Arno van Wyk (sang, agtergrondsang, bas, akoesties, tromme), Reinhardt Smit (sang en akoesties), Eugene Lombard (sang en klawerbord), Henri Stander (sang en akoesties), Cyann Asher (sang en agtergrondsang), Andreas van Tonder (sang en elektries), Lean Buys (sang en akoesties), Morné Oosthuizen (sang en elektries), Petrich Brits (sang, akoestiek en tromme) en Danu Bothma (sang , klawerbord, akoesties).

EK SAL SING is op all digitale platforms beskikbaar en die volle EK SAL SING album teen 13 Oktober 2021.

Snitte:

  1. Ek sal sing – Lean Buys (Enkelsnit)
  2. My Vader – Reinhardt Smit
  3. Tot in Ewigheid – Henri Stander (Titelsnit)
  4. Stuur my – Retief Burger
  5. Fontein – Arno van Wyk (Enkelsnit)
  6. Oorweldig – Cyann Asher
  7. Vlekkeloos – Petrich Brits
  8. Daar is meer – Arno van Wyk
  9. U is vir my – Eugene Lombard
  10. Sing & Sing – Arno van Wyk
  11. God van Wonders – Morné Oosthuizen
  12. My siel sal juig – Arno van Wyk & Chrisna de Bruin

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram, YouTube

Website: www.revelationenterprises.co.za (Loods op 13 Oktober 2021)