fbpx
Rinél Day sing “JY HET MY GERED” aan die man in haar lewe.

Rinél Day sing “JY HET MY GERED” aan die man in haar lewe.

Liefde kan jou lewe verander. Dit kan jou dra in moeilike tye, hoop gee vir die toekoms en gelukkiger maak as wat jy ooit gedink het moontlik is. Hierdie lewensveranderende liefde is die inspirasie agter Rinél Day se splinternuwe Country-enkelsnit. Haar bewonderaars gaan net so mal hieroor wees as wat sy is oor die man aan wie sy hierdie liedjie opdra.

JY HET MY GERED is ’n liefdesliedjie wat sy vir haar verloofde (nou haar man), Shaun Walker, geskryf het net nadat hulle verloof geraak het. “Hy het tydens ’n baie moeilike tyd van my lewe ingestap en kom wys dat opregte liefde en bystand ’n mens deur enige situasie kan dra,” deel sy. Ek is dankbaar oor die steunpilaar wat hy in my lewe is. Hy het my kom heel maak en kom red. Nou verwag ons ’n pragtige babadogtertjie, Emily Anlizé Walker, wat in Oktober haar opwagting maak. Ek is opgewonde oor ons toekoms saam!”

Hierdie enkelsnit pas haar pragtige stem soos ’n handskoen. Dit is die derde vrystelling vanaf haar gewilde derde ateljee-album, EK HET OPGESTAAN, en die sangeres meen dat dit beslis sal aanklank vind by oud en jonk. 

Die rede hoekom ek die liedjie gekies het is omdat ek glo dat elke vrou of mens daar buite daardie een spesiale iemand het wat hulle gewys het dat die seer nie sal seëvier nie en dat ware liefde regtig bestaan. Jy moet net bereid wees om geduldig te wag,” sê dié Ghoema-benoemde donkerkop met ’n vonkel in die oog.

Rinél, wat in Vryheid gebore is en hoofsaaklik in Richardsbaai en Swartruggens grootgeword het, is veral bekend vir treffers soos Dit Staan in die Sterre, Ligjare WegEen Somersaand (met Henri Alant), DJ Speel Dit WeerGeluk en vele meer.

Alhoewel Covid-19 haar die musiekbedryf baie hard getref het, is sy baie positief en glo sy dat dinge sal uitwerk soos wat dit moet. Buiten vir liedjies skryf en haar voorbereidings om later vanjaar ma te word, het sy ook aan die begin van die jaar begin naels doen om haar inkomste aan te vul. 

Dit was nog altyd vir Rinél belangrik dat haar musiek met luisteraars se harte moet praat en moet uitstaan in die musiekbedryf. JY HET MY GERED gaan verseker die harte van plaaslike musiekliefhebbers oorrompel en is ’n pragtige viering van ’n splinternuwe hoofstuk in hierdie veelsydige musikant se lewe en loopbaan.

Kyk die liriekvideo hier

JY HET MY GERED is beskikbaar op alle digitale platforms. Kliek hier.

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook
Instagram
Twitter

Webblad: www.rinel.co.za

Lees meer:
Rinél Day is die heldin in haar eie musiekvideo – Plectrum (plectrummusiek.co.za)
Ek het opgestaan