fbpx
Reggie Peace stel ‘n kragtige nuwe enkelsnit vry –   THE STRUGGLE IS OVER

Reggie Peace stel ‘n kragtige nuwe enkelsnit vry – THE STRUGGLE IS OVER

Die Covid-19 pandemie het baie mense se lewens omver kom gooi die afgelope jaar. Dit het vir baie in ’n stryd ontaard om fisies, finansieel en veral emosioneel te oorleef. Reggie Peace vind hoop in Spreuke 23:7 en wil ander ook bemoedig in hierdie moeilike tyd met sy kragtige nuwe enkelsnit, THE STRUGGLE IS OVER. 

Hierdie is die agtste oorspronklike snit uit Reggie se eie pen (waarvan vier reeds oor die radio gehoor kan word) en daar is ook nou ‘n musiekvideo beskikbaar op YouTube!  

“Die liedjie het alles te doen met die pandemie waarin ons onsself tans bevind. Depressie en emosionele probleme is slegter as ooit en THE STRUGGLE IS OVER spreek dit aan. Spreuke 23:7 sê dat jou denke ’n invloed het op jou welstand. As ons begin verkondig dat die ‘stryd’ verby is, kan dit dalk nog so wees voordat ons ons oë uitvee,” verduidelik hy. 

“Die belangrikste is die vrede wat dit bring. Uiterlike omstandighede mag dalk nie nou verander nie, maar as jy vrede en geloof het dat die ‘stryd’ verby is, sal jy enigiets aan kan aanvat.”

Die musiekvideo se konsep gaan oor twee broers wat basies hulle hele lewe lank gesukkel het en nou uitspreek dat die ‘struggle’ verby is. Die video beeld uit dat met elke berg wat jy klim in die lewe, die perfekte sonsondergang aan die ander kant vir jou wag.  “The biggest blessings await after you’ve climbed the biggest mountains in life,” meen Reggie.

Die video is verfilm by Emmerentia Dam en Northcliff Hill en is geinspireer deur Spreuke 23:7.
Wesley van der Westhuizen (Wesley West) het die video vervaardig en Reggie het self ook insae gelewer.

Kyk die musiekvideo hier

Reggie Peace, oftewel Reginald Hufkie, is ’n akteur, musikant, draaiboek- en liedjieskrywer van Schauderville in Port Elizabeth. Hy beskryf homself as ’n rustige en nederige mens en werk al sedert 2011 in die vermaakbedryf.

Hy is veral bekend vir enkelsnitte soos  FrequencyDo It – PeacemakerHoekom?Kos Op Die Tafel (KODT)All That MattersBetter, en Move én het in 2020 saam met ander musikante ’n lied oor Suid-Afrikaanse vroue vrygestel genaamd African Queen

Volgens die musikant, is THE STRUGGLE IS OVER baie persoonlik omdat hy self tans baie sukkel. “Om God se hand te sien oor my lewe is net amazing. Ek het altyd geglo en ek hoop die liedjie moedig mense aan om dit te luister en daarna aksie te neem,” sluit hy af.   

Laai dit hier af 

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook
Instagram

Lees meer:
MOVE saam met Reggie Peace! – Plectrum (plectrummusiek.co.za)
Reggie Peace MOVE met nuwe positiewe musiekvideo! – Plectrum (plectrummusiek.co.za)
Reggie Peace – Ek kan jy kan