fbpx
Reggie Peace: Ek Kan. Jy Kan

Reggie Peace: Ek Kan. Jy Kan

“Wanneer jy voel om op te gee, herinner net jouself en sommer iemand naby jou:   ek kan enigeiets wees… jy ook!” – Reggie Peace oor sy nuwe enkelsnit – , EK KAN. JY KAN.

Dié veelsydige vermaaklikheidster Reggie Peace oftewel Reginald Hufkie se splinternuwe liedjie praat reguit.  EK KAN. JY KAN.  Daar is nie doekies omdraai nie.  Dié gewildeSuid-Afrikaanse akteur, musikant, draaiboek- en liedjieskrywer wat al sedert 2011 in die vermaakbedryf werk ken die moeilike kant van die lewe en wil deur middel van sy musiek mense aanspoor om hulself daagliks daaraan te herinner dat hulle enigeiets kan bereik wat hulle wil.

Reginald het in Schauderville, Port Elizabeth, grootgeword. As tiener het hy albei sy ouers verloor aan Tuberkulose en hy en sy broers is in die sorg van ’n kinderhuis geplaas.

Toe ek grootgeword het was daar vir my gesê ek gaan nêrens kom in die lewe nie… dat ek nie goed genoeg is nie.  As gevolg van amper elke dag se verbale aftakeling as ‘n klein seuntjie het ek nogsteeds myself in 2018 (meer as 15 jaar nadat dit gebeur het) op ‘n plek gevind waar ek gesukkel het met dieselfde stem in my kop”, sê Reggie.

Ek het toe besluit om hierdie liedjie EK KAN.  JY KAN.  Te skryf om my brein aan ‘n nuwe dialoog voor te stel.  In plaas daarvan om die heeltyd te hoor dat ek nêrens gaan kom nie sê ek nou vir myself – ek kan, ek kan enigeiets wees wat ek wil wees”, gaan hy glimlaggend voort.

Reggie sê hy herinner homself nie net nie, maar sy hart gaan ook uit na al die jong mense in Suid-Afrika wat onder die valse indrukke gebring word om te glo dat hulle niks kan bereik nie en dat hulle nie goed genoeg is nie.  “Champ, ek sê vir jou… JY KAN!” roep hy oortuigend uit!

In die tweede vers van die liedjie praat hy veral met jong mans in hulle vroeë twintigs wat voel asof die hele wêreld se gewig op hulle skouers rus.  Hierdie is ‘n baie moeilike fase want dit is ‘n oorgangsfase na die volwasse wêreld, maar volgens Reggie is dit ook spesifiek hierdie fase waarin baie jong mense opgee op hulle drome.

“Wanneer jy voel om op te gee, herinner net jouself en sommer iemand naby jou:   ek kan enigeiets wees… jy ook!”, sluit hy af.

Die liedjie is vervaardig deur die blinde musiekvervaardiger van Johannesburg,, DJ Darkness (Calvin Botha) wat tot dusver al Reggie Peace se musiek vervaardig het. Reggie het al heelwat oorspronklike enkelsnitte vrygestel, waaronder; FrequencyDo It – PeacemakerHoekom?Kos Op Die Tafel (KODT)All That Matters, BetterMOVE en heel onlangs ook In Die Vlei, die temalied van Arendsvlei.

Hy het in 2019 amptelik begin naam maak met prominente rolle in die Silwerskermbekroonde kortfilm, Cowboy Dan (2018), Generations: The Legacy (Luke), Die Spreeus en Huis Lelieveld (Spanner).

Hierdie rustige en nederige mens is altyd oop vir mense en hulle stories en wil graag jongmense inspireer.  Hy lewer ook graag motivering praatjies en put baie van sy inspirasie uit persoonlike ervarings.

EK KAN.  JY KAN.  Is nou hier op alle digitale platforms beskikbaar:  https://distrokid.com/hyperfollow/reggiepeace/ek-kanjy-kan

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook
Instagram

Lees meer:
MOVE saam met Reggie Peace!
Reggie Peace MOVE met nuwe positiewe musiekvideo!