fbpx
Vangnet wil Nadia Vorster hê luisteraars moet liefde ervaar.

Vangnet wil Nadia Vorster hê luisteraars moet liefde ervaar.

Met haar nuwe enkelsnit, VANGNET, wil Nadia Vorster hê luisteraars moet die gevoel van liefde ervaar as sy die storie van ’n  ridder op ’n wit perd vertel.

“Vangnet handel oor ’n vrou wat voorheen in ’n mislukte verhouding seergekry het. Sy het ’n gebroke hart en baie emosionele bagasie gehad toe sy die ware liefde van haar lewe ontdek,” het Nadia vertel.

Nadia Vorster Vangnet

“Hy het haar soos ’n vangnet uit haar omstandighede gered,” sê sy. 

Dié liedjie is gebaseer op Nadia se eie lewensverhaal en die liefde wat haar kom red is, is haar man, Pierre, met wie sy vanjaar tien jaar getroud is.

“Al is mens gebroke wanneer jy in ’n verhouding ingaan, is daar altyd hoop vir liefde en herstel. Saam met die regte persoon kan jy weer aan ’n toekoms bou,” verduidelik sy.

Nadia het vroeër vanjaar – toe die land nog op vlak 5 van nasionale inperking was, ook haar enkelsnit, Veg of Vlug, vrygestel. Dié lied, soos elke enkelsnit wat sy vrystel, was vir haar ’n hoogtepunt en het ook ’n diep boodskap gehad wat veral op die land se moeilike ekonomiese omstandighede van toepassing was.

Nadat Nadia in 2014 ’n huldeblykalbum vir haar Pa opgeneem het, is haar enkelsnit Ek Val Voor U Neer, in 2015 op digitale platforms vrygetsel en die musiekvideo is gereels op kykNET gespeel. Haar eerste album, Sin Maak, is daarna in 2018 uitgereik.

Haar tweede album, Geanker in Hoop, sal binnekort vrygestel word en Vangnet is die derde enkelsnit vanaf dié album. Die eerste enkelsnit, Geanker in Hoop, is verlede jaar vrygestel met Veg of Vlug die tweede enkelsnit.

As Nadia nie besig is om aan haar musiekloopbaan te werk nie, bekwaam sy haarself as finansiële bestuurder in hul besighede.

“Ek het na skool eers Rekeningkunde gaan studeer voordat ek in ’n ander rigting ingevaar het,” het sy vertel.

https://open.spotify.com/track/6ErymEjX91UjJkDofxJcSU?si=QH-InM_sSb2hJ7fDXAZEHA

Volg Nadia Vorster ook op sosiale media:

Facebook

Twitter

Instagram

Lees meer:

“VEG OF VLUG”, vra Nadia Vorster in nuutste enkelsnit

Nadia Vorster is geanker in hoop.