fbpx
Vernon Barnard se nuwe klank is iets om te hoor.

Vernon Barnard se nuwe klank is iets om te hoor.

Vernon Barnard is terug met ‘n splinternuwe klank wat dalk net die sienswyse van Afrikaanse musiek in 2019 mag revolusioneer.

Foto: Willem Botha

Na die vrystelling van sy 2018 album DEUR JOU OË en suksesvolle, toegekende enkelsnitte, DAAI LIEDJIE, VOEL, ALLES OM MY en SOEKHART, is hy nou gereed om meer te waag, met sy klank te eksperimenteer en sy ondersteuners met iets waardevol na te laat,
wat hul idees sal uitdaag en iets sal gee om oor te dink.

Sy lewenservarings, goed en sleg is die dryfkrag van die boodskappe in sy musiek en is essensieel die ink in die pen waarmee hy sy lirieke lewe gee.

Volgens Vernon is “Asseblief”, sy nuutste enkelsnit en eerste voorbeeld van vars melodieë, bindende- en diep emosionele ritmes ‘n eerlik en volwasse interpretasie van universele ervarings, wat almal een of ander tyd beleef.

Vernon geniet die verantwoordelikhied, maar terselfdertyd die voorreg wat hy het om ‘n spreukbuis asook verteenwoordiger vir sy luisteraars te wees.

“Dis vir my belangrik om oor gevoelige onderwerpe te skryf en te sing”, sê Vernon.


“Nie omdat dit voordelig is om aan hartseer en teleurstelling vas te hou nie, maar omdat dit noodsaaklik is om oor ons seer te praat, indien ons daardie emosies behoorlik wil prosesseer en volkome daarvan wil herstel”.

Vernon is baie opgewonde om hierdie nuwe hoofstuk van sy verhouding met musiek aan sy ondersteuners bekend te maak en hoop dat elke luisteraar ‘n positiewe boodskap, relevant tot hul situasie, uit sy musiek sal vind.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui