fbpx
Nathan Smit verhuis na Brittanje

Nathan Smit verhuis na Brittanje

Nathan Smith verhuis na Brittanje. Die bekroonde Suid-Afrikaanse kitaarspeler, sanger en liedjieskrywer, Nathan Smith, verhuis saam met sy gesin permanent na Brittanje in Februarie.

Nathan het oor die jare bekendheid verwerf in die plaaslike musiekmark as ’n musikant en liedjieskrywer.  Hy is ’n ervare kitaarspeler en het al verskeie solo- en gesamentlike optredes plaaslik en oorsee gedoen.

Nathan was betrokke by verskeie Suid-Afrikaanse produksies soos The VoiceNoot vir Noot, Skouspel, Idols, Afrikaans is Groot, Dancing with the Stars en Strictly Come Dancing.

Die bekroonde Suid-Afrikaanse kitaarspeler, sanger en liedjieskrywer, Nathan Smith, beplan om in Februarie saam met sy gesin permanent na Brittanje te verhuis.

Volgens hom, was die besluit om die land te verlaat nie ’n maklike een nie, maar hy glo dat daar tans verskeie onmisbare geleenthede op hom wag oorsee. “Jou huis, is jou huis en ek gaan Suid-Afrika baie mis, maar daar is ’n paar wonderlike geleenthede wat in Brittanje op my wag. Ek het in die verlede saam met verskeie kollegas en musiekregisseurs getoer en gewerk wat tans by die West End betrokke is en daar is ’n paar moontlikhede wat ek wil ondersoek. Verder het ek ook reeds ’n besprekingsagent gekry om konserte te bespreek sodra besighede weer oopmaak. Ten spyte van Covid, is daar ook vir my ’n paar geleenthede om klas te gee ook.” 

Nathan is veral opgewonde oor die feit dat hy  nou die geleentheid het om sy album, HERE’S TO THE NOW ook in die VK te kan gaan bekendstel en bemark en kan nie wag om te begin met die onderhoude en mediageleenthede wat sy PR Maatskappy, Starburst Promotions besig is om vir hom te reel nie.

Nathan en sy gesin het die aansoekproses in Oktober 2020 begin. “Ons het ’n kans gevat en met die hulp van ’n Britse advokaat het ek aansoek gedoen vir ’n Tier 1 Global Talent Visa, wat binne enkele dae deur die Britse Raad vir Uitvoerende Kunste goedgekeur is. Ons was baie verbaas, omdat hierdie proses tot agt weke kan neem,” verduidelik hy. “Ek voel so geseënd omdat daar jaarliks baie min aansoeke in hierdie kategorie goedgekeur word.”

Hy erken dat alhoewel hulle opgewonde is en uitsien na die nuwe avontuur, dit ’n baie emosionele tyd is vir hulle almal. 

Nathan het oor die jare bekendheid verwerf in die plaaslike musiekmark as ’n musikant en liedjieskrywer.  Hy is ’n ervare kitaarspeler en het al verskeie solo- en gesamentlike optredes plaaslik en oorsee gedoen. Van sy loopbaanhoogtepunte sluit in oorspronklike verwerkings vir verskeie Sokkerwêreldbekergeleenthede in 2010, asook vir Joseph Clark – The Music of Queen, wat plaaslik en in Europa getoer het.

Alhoewel sessiemusiek heel toevallig oor Nathan se pad gekom het, en nie oorspronklik deel was van sy plan nie, het dit een van sy hoofbronne van inkomste geword en gelei tot verskeie opnames en televisieproduksies. Dit het hom ook die geleentheid gegee om saam met groot plaaslike en internasionale sterre te werk, soos Ronan Keating, Richard Clayderman, Riana Nel, Laurika Rauch, Steve Hofmeyr en Juanita Du Plessis, om maar net ’n paar te noem.

Nathan was verder ook betrokke by verskeie Suid-Afrikaanse produksies soos The VoiceNoot vir Noot, Skouspel, Idols, Afrikaans is Groot, Dancing with the Stars en Strictly Come Dancing.

Hy het ook sy eie musiekproduksies vervaardig en was musiekregisseur van verskeie verhoogstukke, waaronder Guitar Legends – A tribute to the World’s Greatest Singing Guitarists of All TimeDon’t Stop Believing – A tribute to Rock Super Group JourneySlow-hand Fast-Hand – A tribute to Eric Clapton and Gary Moore, en vele meer.

Alhoewel hy bekend is as sessiemusikant, het oorspronklike musiek nog altyd vir Nathan na aan die hart gelê. Dit het ook aanleiding gegee tot die uitreiking van sy debuut-album, Songs from a Diary, in 2006. In 2009 het hy ook saam met Mark Heydenrych, Paddy Smith en Kyle Rutten ’n eksperimentele album uitgebring, naamlik The Nathan Smith Project – The Sum of All Things. Sy derde ateljee-album, Here’s to the Now, is gedurende 2020 in Suid-Afrika vrygestel.

Alhoewel Suid-Afrika ’n besonderse musikant verloor, meen hy dat dit nie “totsiens is nie, maar eerder die volgende stap. Ek sien uit daarna om in die toekoms terug te keer na hierdie wonderlike land om hier te werk en dit te geniet vir wat dit is… Fantasties!”

Nathan is ’n trotse ambassadeur van D’addario, Sennheiser, Marshall Music en Clayton Picks.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook, Twitter, Instagram, YouTube

Webblad: www.nathansmith.co.za 

LEES MEER

“HERE’S TO THE NOW”, sê Nathan Smith

Nathan Smith stel musiekvideo vry vir enkelsnit vanaf sy album

Nathan Smith stel sy album bekend!

Nathan Smith – Twee nuwe enkelsnitte vrygestel en ’n album op pad