fbpx
Lize-Marie – FRAKSIE

Lize-Marie – FRAKSIE

Lize-Marie het met haar vorige enkelsnitte DAGBREEK en LIEFSTE DROMER bewys dat sy dapper en eerlik met liefdeswoorde kan omgaan en dit skemer ook goed deur in die lirieke wat sy self neerpen en haar nuutste enkelsnit FRAKSIE bou voort op haar reputasie. 

Die woord fraksie kan op verskillende maniere gebruik word; ’n fraksie van ’n sekonde, ’n fraksie van ’n breukdeel of ’n fraksie van jou menswees wat jy in ’n onbewaakte oomblik met iemand deel.

FRAKSIE is ook ’n gepaste naam wat die Oos-Randse sangeres, aktrise en onderwyseres Lize-Marie Naudé vir haar jongste enkelsnit gekies het, want dit beeld die “fraksies” van jou menswees wat jy met jou geliefde deel uit.

Dié enkelsnitte het ook groot aftrek by plaaslike gehore gekry en dit is ook goed deur radiostasies ontvang.

Haar liedjies bestaan nie uit soetsappige Hallmark-kaartjie rympies nie, maar kyk filosofies na dit wat soms buite ons bereik is: liefde.

Sy het ’n fyn aanvoeling vir die Afrikaanse taal en sy weet hoe om woorde te beitel, te boetseer todat dit pasperfek vir die melodie is.

Daarom is FRAKSIE is ook nie ’n uitsondering nie – sy het egter dié keer haar kreatiwiteit met die bekroonde liriekskrywer Vaughan Gardiner gedeel en die eindresultaat is ’n snit wat diep in die visuele boor – hoe mense na mekaar kyk as hulle werklik lief is vir mekaar. Dáárdie persoon wat ook jou beste vriend of vriendin is.

“Soms, sê Lize-Marie, is ons gedagtes in ’n warboel en ons probeer nuwe woorde skep, want dit hoe ons presies oor iemand voel bestaan nie in die woordeskat nie. Dit is net nie so eenvoudig om in woorde ’n mens se gevoelens te beskryf nie – al weet jy dat julle sewe sakke sout saam opgeëet het en dat jy met elke liewe deeltjie (of fraksie) van jou menswees vir iemand lief is.”

FRAKSIE is deur Rian Swanepoel van Protrax studio vervaardiger en opgeneem.

Die snit word juis op Valentynsdag (die dag van die liefde) uitgereik, want alles gaan aan die einde van die dago or liefde.

Indien jy nie die woorde kan vind om te beskryf hoe jy oor iemand voel nie, kan jy net jou romantiese hoed op sit en FRAKSIE met jou geliefde deel. Dit sal alles verduidelik…

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram

LEES MEER

PACISA, ‘n geleentheid om drome waar te maak met langtermyn ondersteuning

LIGHUIS – Lize-Marié stel enkelsnit vry.

Lize-Marié se tweede enkelsnit, DAGBREEK

LIEFSTE DROMER deur Lize-Marie Naudé