fbpx
Gerduan Kemp stel DAGBREEKDROME akoestiese vry

Gerduan Kemp stel DAGBREEKDROME akoestiese vry

Uit Bloemfontein kom daar `n onafhanklike sanger en liedjieskrywer wat besig is om sy kleintyddrome te verwesenlik. Gerduan Kemp het onlangs sy derde enkelsnit, DAGBREEKDROME, bekend gestel en verras nou met `n pragtige akoestiese weergawe. DAGBREEKDROME is geskryf deur Gerduan en Peter Cleff en is ’n inspirerende pop/rock liedjie wat jou sal herinner om nie jou drome te begrawe nie.

“Ek en Peter het gedurende die staat van inperking die lied geskryf deur van ZOOM gebruik te maak. Die akoestiese klank wat daaruit ontstaan het is iets wat ek graag met mense wou deel.”, vertel Gerduan. Die droom metafoor word verder beklemtoon deur die akoestiese weergawe siende die luisteraar herinner word dat drome talle vorme kan aanneem.

Die storie agter hierdie lied is dat mens geneig is om jou eie drome te verdruk weens mense se opinies. “Ek het in my jonger dae nie my droom gevolg om te sing nie as gevolg van ander se opinie dat ek dit nie sou kon doen nie en eerder ’n regte werk moet kry,” vertel Gerduan. Danksy inspirasie wat hy gekry het by ander mense wat juis hulle drome nagejaag en bereik het, verklaar hy in die lied dat ons moet leer om te droom met ons oë oop!

gerduan kemp dagbreekdrome akoesties album

Die musiekvideo is relevant tot die huidige omstandighede met die inperking omdat ons onsself soms inperk teenoor iets waaroor ons passievol is, omdat ons bang is vir wat mense gaan dink.” Dit beeld die skryf- en opneemproses uit van hierdie lied sowel as die stagnering wat soms ervaar word wanneer dit kom by die waarmaking van ons drome.

In 2019 het hy sy debuutenkselsnit VERGEWE MY AS EK met gepaardgaande musiekvideo vrygestel, en kort daarna ook SLAPELOSE NAG. Die sukses wat hy veral met sy debuutsnit bereik het, het hom die bevestigting gegee dat hy op die regte spoor is. Vandat hy kan onthou, geniet hy sing en optree. In sy finale jaar van studies het hy besluit om die musiekwêreld voltyds te betree. Hy beskryf homself as iemand wat mal is oor diep lirieke wat goeie stories vertel. 

Die sukses wat Gerduan tot dusver behaal het, kan toegeskryf word aan sy musiekstyl en sy liefde vir stories. “Ek het besef dat almal se lewens verskil en daarom verskil almal se stories. Ek wil graag mense se harte aanraak met my musiek deur oor onderwerpe te sing waarmee mense kan assosieer en sodoende hulle eie lewensverhale in my musiek te kan vind.” Sy werk bied ’n goeie middellyn tussen die voorkeur vir diep lirieke, maar ook die musikale kant van musiek.

Gerduan se musiek kan as pop/rock beskryf word met sterk ’n sterk klank van elektriese kitare en dromme. “Ek skryf gewoonlik die liedjies met ’n akoestiese kitaar of met ’n klavier, maar inkorporeer die elektriese kitaar en dromme sodra ons met die opname proses begin. Dit bied dan die perfekte balans tussen pop en rock.”

Alhoewel hy nog altyd daaroor gedroom het om ’n sanger te wees, het sy liefde vir musiek toegeneem deur sy sanglesse op skool en sy optredes. Hy het drie jaar gelede begin om ’n paar liedjies te cover en dit op YouTube te laai. Die reaksie en terugvoer was baie goed en op dié wyse het hy besef dat daar tog vir hom ’n toekoms as musikant wink.

Gerduan het in graad 3 basiese kitaarlesse begin neem en in graad 6 dromlesse. In sy matriekjaar het hy homself leer klavier speel, en hy beskou klavier tans as sy hoofinstrument. Hy het reeds tydens sy hoërskooljare begin oplees en ervaring begin kry in die opneem van musiek en video’s. “Daarom is ek baie trots om te sê dat my eerste twee enkelsnitte nie net uit my eie pen kom nie, maar ook opgeneem is in my eie studio en dat ek ook die musiekvideos vir hierdie twee liedjies self vervaardig het.

Die talentvolle sanger se kop, hande en talente staan vir niks terug nie. Te midde van sy eie fotografie- en videografiebesigheid waaraan hy ’n groot deel van sy dag spandeer, maak hy elke dag tyd om informeel musiek te maak. Gerduan se slagspreuk in die lewe is “Jack of all trades – Master them all” en met hierdie uitkyk het hy nog altyd gestreef om sy Godgegewe talente te verbeter en sy kennis daar rondom te verbreed.

Sy musiek is beskikbaar op alle digitale platforms insluitend YouTube, Spotify, Itunes en JOOX. Navrae vir besprekings kan gerig word aan [email protected]

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook
Instagram
YouTube

Lees meer:
Gerduan Kemp se debuut enkelsnit