fbpx
Artistry Productions – Jattie de Beer

Artistry Productions – Jattie de Beer

“Alles van wat ek doen is lekker! Van hoe die eindproduk saamsteek tot die pad wat ek stap saam met elke kunstenaar. Ek geniet dit regtig om te hoor wat die musiek vir ander beteken.”, dit is hoe Artistry Productions se eienaar, Jattie de Beer, sy werk as musiekvervaardiger beskryf.

Na 9-jaar in die korporatiewe wêreld, het Jattie de Beer die moed bymekaargeskraap om die groot stap te neem om van sy stokperdjie ‘n loopbaan te maak. Dit is juis te danke aan hierdie stokperdjie, wat reeds in 2002 wortelgeskiet het, dat Artistry Productions vandag as een van die mees gesogde produksiehuise in Suid-Afrika bekendstaan.

Jattie de Beer wat sy opleiding in musiek deur Unisa (klavier) & Royal Schools (klassieke kitaar) gehad het en ook deel van die TUKS Camerata Koor was, spog vandag met 2 Aitsa-toekennings sowel as 1 SAMA. Verder is hy reeds genomineer vir 6 Ghoema’s en 2 SAMA’s.

Artistry Productions wat sy oorsprong in Pretoria het, het onlangs hul diensarea se grense verbreed. “Ons is hoofsaaklik operasioneel in Pretoria en Kaapstad, maar ons bedryf eintlik ‘n ‘remote recording’ diens. Danksy moderne tegnologie kan ons jou feitlik enige plek in SA opneem. Ons kliëntebasis strek tans van Mosselbaai, Witbank tot in Fishoek.”, verduidelik de Beer.

Die diverse span bestaan uit gesoute kunstenaars uit die musiek industrie. Muller Brandt wat self ‘n kunstenaar in sy eie reg is en wat reeds groot opspraak maak in die musiekbedryf. Wat musiekvervaardiging bedref is Muller verantwoordelik vir bemarking, programmering van produksie elemente asook die hantering van studio-opnames.

Leon Gropp wat homself reeds gevestig het as TV-persoonlikheid en kunstenaar is een van Artistry Productions se kreatiwe vennote. Saam met Jattie bedryf Leon Lionbear Media wat hul fokus rig op die konseptualisering van radio-advertensies, korporatiewe video- en klankopnames en kreatiewe korporatiewe verandersbestuursinisiatiewe. Leon en Jattie het ook twee platforme geloots https://skryfmysong.co.za/ en Kiddo Jol.

Skryf my song is ‘n platform waar liriekskrywers hul lirieke professioneel kan laat toonset en verwerk tot ‘n finale musiekproduksie deur Artistry Productions. Kiddo Jol aan die anderkant is gefokus op musiekvermaak vir kinderpartytjies.

Reghard Labuschagne is ‘n ervare mengingenieur en is verantwoordelik vir 70% van alle projekte se finale meng.

Jattie se musiekinvloede strek vanuit ‘n wye spektruk en hy benadruk die belangrikheid dat vervaardigers nie in ‘n enkele styl vasgevang moet word nie, alhoewel dit een van die grootste uitdagings kan wees. In sy motor luister hy na musiek deur Apple Music op Autoplay en geniet enigiets – van klassiek tot akoesties, van swaar rock tot pop. “Elke genre het sy eie kreatiwiteit.”, verduidelik hy.

Van Suid-Afrika se grootste Afrikaanse kunstenaars se musiek is reeds deur Artistry Productions geskryf en/of vervaardig. Die lys sluit in: Jo Black, Roan Ash, Jak de Priester, Robbie Wessels, Joshua Na Die Reën, Douvoordag, Leon Gropp, Len Muller, Anna Davel, Sharoney, Julanie J, asook Die Groot Ontbyt & Ontbytsake se temaliedere.

As jy vir Jattie vra saam met wie hy nog sal wil werk is sy antwoord duidelik: “My 2 seuns. Ek hoop dat hulle eendag saam met hulle pa sal wil musiekmaak.”

Indien kontak wil maak met Artistry Productions kan jy hul besoek op sosiale media of ‘n epos stuur na [email protected].

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram

LEES MEER

Leon Gropp herinner ons aan sy talent met SWERWER

Christiaan se nuwe enkelsnit verwoord mans se liefdesverklaring op hul troudag

‘n HEILDRONK op Len Muller se nuwe musiekvideo!

Sharoney – ONS TEEN DIE WÊRELD

Len Muller se nuwe album is OORGENOEG

Bly só 21 VIR EWIG saam met Sharoney!

Douvoordag straal soos die eerste lig!