fbpx
Opwindende nominasies vir Afri-Indie Musiektoekennings 2023

Opwindende nominasies vir Afri-Indie Musiektoekennings 2023

Die SA Onafhanklike Kunstenaar Musiektoekenings, beter bekend as Afri-Indie, vind vanjaar plaas op Dinsdagaand 4 April 2023. Dié Grammys-styl rooitapyt glansgeleentheid is gevul met alles wat ‘n toekenningsaand beskryf, media, TV-kamera’s, ondersteuners en kunstenaars van reg oor die land.

Afri-Indie se nominasies is besig om bekendgemaak te word en talle bekendes word vereer vir hul bydrae tot die musiekindustrie tydens hierdie opwindende geleentheid. 

Van die genomineerdes sluit in:

Peach van PletzenBeste Klankbaan (Netflix – Ludik). “ Ludik het die top 10 internasionale reekslys op Netflix behaal en dit is vir Afri-Indie ‘n mylpaal om ‘n toekenning te kan gee vir hierdie uitnemende prestasie”, sê Rea le Roux (Organiseerder).

Aanhangers sien veral uit na die Rock kategorie.  Hierdie kategorie se genomineerde sluit in: Prime Circle, Springbok Nude Girls en Wonderboom

“Dit is noodsaaklik dat hierdie wêreldklas musikante vereer word vir hul harde werk.  Die onafhanklike musiekmark is vol uitdagings, daarom is dit vir Afri-Indie ‘n eer om hierdie groepe te erkenning te gee vir meer as 2 dekades se musiek.”, verduidelik le Roux.

Carike Keuzenkamp, Anneli van Rooyen, Manuel Escorcio en Patricia Lewis is die name wat genomineer is in die Lewenslange Bydrae kategorie.

In die kategorie Beste Manlike- en Beste Vroulike Kunstenaar maak Jak de Priester en Nadine deel van die genomineerdes uit.

Ander kategorië se genomineerdes sluit in: Cheralee, Rita Li, Ray Dylan, RNK, Dirk van der Westhuizen, C-Storm, Jolanda Becker, Frikkie van Biljon, Simoné Roets, Candy Benson, Renaldo Alberts, GnT, Pedri, Jacques & Liezel, Mario Lategan, Jeanette Pretorius, Lianie May, Zander de Beer en Sorina a.k.a Flooze.

‘n Volledige lys van al die nominasies kan gesien word op Afri-Indie se Facebook-blad

‘n Kontantprys van R 20 000 is op die spel vir die beste musiekvideo of album vir onafhanklik opkomende kunstenaars – die kontantprys word moontlikgemaak deur Afri-Indie se borge.

Afri-Indie se hoop is dat die wenner van die kontantprys die gelde weer in sy/haar loopbaan kan herinvesteer om so verder by te dra tot die musiekindustrie.

Kaartjies vir die glansgeleentheid kan aanlyn gekoop word op Afri-Indie se webtuiste by

www.afri-indie.co.za.  Klik op ‘tickets’.

Te danke aan ‘Bigtoe Creatives’ word alle Afri-Indie inskrywings en kaartjieverkope hierdie jaar aanlyn behartig vanaf ‘n privaat en veilige webtuiste.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram

Vir meer inligting oor Afri-Indie:

Telefoonnommer: 066 220 7345

E-posadres: [email protected]

LEES MEER

Inskrywings vir Afri-Indie 2023 is nou oop!